Die Suid-Afrikaanse Klas 15F 4-8-2 van 1938 is 'n Suid-Afrikaanse stoomlokomotief van die Suid-Afrikaanse Spoorweë-era.
Die Klas 15F was die talrykste stoomlokomotiefklas in die Suid-Afrikaanse Spoorweë se diens. Tussen 1938 en 1946 is 255 van hierdie stoomlokomotiewe met 'n 4-8-2 "Mountain"-tipe wieluitleg in diens geplaas.
Die lokomotief is ontwerp deur W.A.J. Day, Hoofmeganiese ingenieur van die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAR) van 1936-1939, en is gebou in vier groepe met vier lokomotiefvervaardigers in Duitsland en die Verenigde Koninkryk wat oor 'n tydperk van agt jaar gestrek het tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Die eerste een-en-twintig is in Duitsland gebou in 1938. Sewe is gelewer deur Berliner Maschinenbau, genommer in die reeks 2902-2908, en veertien deur Henschel & Son, genommer in die reeks van 2909 tot 2922.Henschel-Lieferliste (Henschel & Son werkslys), saamgestel deur Dietmar Stresow Nog vier-en-veertig is deur die North British Locomotive Company (NBL) van Glasgow gebou in 1938. Hulle is in 1939 afgelewer, genommer in die reeks van 2923 tot 2966.North British Locomotive Company werkslys, saamgestel deur Oostenrykse lokomotiefhistorikus Bernhard Schmeiser Lokomotiefbouery is onderbreek deur die Tweede Wêreldoorlog, maar as gevolg van 'n kritieke trekkragtekort wat in Suid-Afrika ontwikkel het tydens die oorlog, is vervaardiging van die Klas 15F hervat selfs voor die oorlog se einde. In 1944 het produksie begin van dertig lokomotiewe deur Beyer, Peacock and Company, hul is later dieselfde jaar afgelewer en genommer in die reeks van 2967 tot 2996.Beyer, Peacock and Company werkslys, uitgesluit Garratts, Customer List V1 04.08.02 In 1945 is 'n verdere sestig gebou en afgelewer deur NBL, genommer in die reeks van 2997 tot 3056. Die finale groep van honderd Klas 15Fs is deur NBL gebou en afgelewer tussen 1946 en 1948, genommer in die reeks van 3057 tot 3156.
Diens Terwyl die Klas 15F hoofsaaklik in die Oranje-Vrystaat en Wes-Transvaal gebruik is, was daar ook diens in elke stelsel landwyd, insluitend Garratt-gebied in Natal, waar dit op die lyn van Newcastle na Utrecht gebruik is. bls 63–64
Gedurende 1947 het koning George VI, vergesel van koningin Elizabeth en die prinsesse Elizabeth en Margaret besoek gebring aan die Britse gebiede in Suider-Afrika. Die koninklike besoek het op 17 Februarie in Kaapstad begin. Vervoer tydens die koninklike besoek was aan boord van die Koninklike Trein van die SAR, wat deur geselekteerde Britse stoomlokomotiewe getrek is. Klas 15F nr. 3030 neem op 21 Februarie die Koninklike Trein op sy eerste been. Dieselfde lokomotief was ook vooraan die trein se laaste been twee maande en 16 093 km later, toe dit die Koninklike Trein na Duncan-dok in Kaapstad teruggebring het.Soul of A Railway, System 1, Part 16: Table Bay Harbour © Les Pivnic. Caption 23-25. (besoek 30 Junie 2017)
Op die Wes-Transvaalstelsel was die Klas 15F jare lank die steunpilaar van hoofstoom by Germiston, wat gewerk het na Witbank, Volksrust en Kroonstad. In 1956 is daar besluit om dertig Klas GMA Garratts tydelik aan die Witbank-Germiston-afdeling toe te ken gedurende die oorgangstydperk van stoom na elektriese werk. Dit het dertig Klas 15F's vir die Oranje-Vrystaat vrygestel, waarvan dertien nodig was vir toename in verkeer en sewentien om Klas 23's te vervang, wat nodig was vir toenemende verkeer op die Kaapse Noordelike Stelsel.Soul of A Railway, System 7, Western Transvaal, based in Johannesburg, Part 21: Witbank Line by Les Pivnic, Eugene Armer, Peter Stow and Peter Micenko. Caption 9. (besoek 4 Mei 2017)
In Februarie 1957 ontvang die Kaapse Middelandstelsel sy eerste twee Klas 15F-lokomotiewe wat van die Paarden Eiland-loods in die Wes-Kaap na Sydenham in Port Elizabeth oorgeplaas is. Teen Julie 1957 was daar nege in Sydenham, drie by Cradock en een by Noupoort. Daar was 'n kort tydperk toe beide stelsels Klas 15F's op die hooflyn gebruik het.Soul of A Railway, System 3, Part 9: The Midland Main Line, Part 1, Port Elizabeth to Paterson. (besoek 5 Februarie 2017)
Teen die einde van 1959 is die vinnige Natalse passasierstreine van Germiston na Volksrust deur Klas 31-000 of Klas 32-000 dieselelektries getrek, maar die ander passasierstreine is steeds deur Volksrust-gebaseerde klas 15F's gewerk. Teen die middel van 1965 is die Volksrust-lokomotiewe terug na die Germiston-loods oorgeplaas na voltooiing van die elektrifisering van die Natalse hooflyn.Soul of A Railway, System 7, Western Transvaal, based in Johannesburg, Part 5. Germiston and Surrounds by Les Pivnic. Captions 4, 8. (besoek 7 April 2017)Soul of A Railway, System 7, Western Transvaal, based in Johannesburg, Part 7. Germiston Steam and Diesel Running Sheds (2nd section) by Les Pivnic. Captions 11 & 12. (besoek 7 April 2017)
Fotogalery
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine