Die Suid-Afrikaanse Klas 6Z 2-6-4 van 1901 was 'n stoomlokomotief in die Kaapkolonie.
In 1901 het die Kaapse Regeringspoorweë vier nuwe 6de Klas stoomlokomotiewe met 'n 2-6-2 Prairie-tipe wieluitleg in diens geplaas, maar hulle is gou verander na 'n 2-6-4 Adriatic-tipe wieluitleg. In 1902 is nog vier lokomotiewe in diens geplaas, ook gebou met die 2-6-4 wieluitleg. Laasgenoemde was die eerste tenderlokomotiewe in die wêreld om met hierdie wieluitleg gebou te word.
In 1912, toe hulle na Uniewording in die Suid-Afrikaanse Spoorweë opgeneem is, is hierdie agt lokomotiewe hernommer en herklassifiseer as Klas 6Z.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine