Sir Frank Reynolds (1852–1930) was 'n Natalse suikerpionier en wetgewer. Hy is op 13 April 1852 in Natal gebore en opgelei in Engeland en tree as 'n jongman toe tot die suikerbedryf in Suid-Afrika. Hy was ook lid van die eerste Natalse Parlement en ook van die militêre magte. Hy was die lid vir Umzimkulu na Uniewording. Hy het eiendom besit by Pennington waar hy etlike eerste ministers onthaal het.
Sien ook Botha Huis, huis wat hy vir genl. Louis Botha laat bou het.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1852 Kategorie:Sterftes in 1930