Elias Xitavhudzi was ’n Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar wat 16 mans en vroue in die 1950's in Atteridgeville, Suid-Afrika, vermoor het. Hy het net wit Suid-Afrikaners aangeval en sy moordveldtog het ’n sensasie gewek in die jare onder apartheid.

Voor sy inhegtenisneming het hy die bynaam Pangaman gekry omdat dit die wapen is waarmee hy sy slagoffers vermoor het. Ná sy skuldigbevinding is hy die doodstraf opgelê. Hy is op 14 November 1960 gehang.

Xitavhudzi was die tweede in ’n reeks van minstens ’n halfdosyn reeksmoordenaars in die township Atteridgeville.

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars Kategorie:Suid-Afrikaanse tereggestelde mense Kategorie:Sterftes in 1960