Marthinus "Tinus" Linee (23 Augustus 1969 – 3 November 2014) was 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Lee was hoofsaaklik 'n senter. Hy het provinsiale rugby vir die Westelike Provinsie (WP) en Superrugby vir die WP en die Stormers gespeel. Hy het van 1993 tot 1994 in nege toerwedstryde vir die Springbokke uitgedraf, maar het nooit in 'n toetswedstryd gespeel nie.

Linee is op 23 Augustus 1969 in die Paarl gebore. Hy het die Nederburg-laerskool bygewoon, waar sy toekomstige vrou, Diana, ook skoolgegaan het. Die voormalige Springbok, Chester Williams en afrigter, Peter de Villiers was ook produkte van die laerskool.

In 2008 was hy deel van die WP se spanbestuur. In 2012 het hy by die RCM Universitatea Timişoara in Roemenië afgerig. Sy voormalige spanmaat, Chester Williams was die hoofafrigter.

Hy is op 3 November 2014 aan motorneuronsiekte oorlede. Hy laat sy vrou, Diana, haar twee seuns, asook 'n dogter uit sy eerste huwelik agter.Oud-Springbok Tinus Linee oorlede, Maroela Media, 3 November 2014

Verwysings

Eksterne skakels Profiel 1 op SArugby.com Profiel 2 op SArugby.com

Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Sterftes in 2014