Pedro Alonso López (geb. 8 Oktober 1948 in Santa Isabel, Colombia) is ’n Colombiaanse psigopatiese reeksmoordenaar wat aangekla is van die verkragting van en moord op meer as 300 meisies in sy geboorteland asook in Peru, Ecuador en moontlik ander lande. Sy geval het die eerste keer internasionaal bekend geword ná ’n onderhoud met Ron Laytner, ’n vryskutfotojoernalis, in 1980 in sy tronksel in Ambato.
Volgens Laytner se verhaal het López in 1980 as die Monster van die Andes bekend geword toe hy die grafte van 53 slagoffers in Ecuador aan die polisie uitgewys het. Hulle was almal meisies tussen nege en twaalf jaar oud.
In 1983 is hy skuldig bevind aan die moord op 110 jong meisies net in Ecuador. Hy het skuld beken aan die moord op nog 240 vermiste meisies in die naburige Peru en Colombia. Hy is in 1998 vir goeie gedrag uit ’n psigiatriese hospitaal vrygelaat nadat hy aanvanklik kranksinnig verklaar is.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Colombiaanse reeksmoordenaars