200px|duimnael|links|John Gacy op 6 Mei 1978 afgeneem saam met die destydse presidentsvrou, Rosalynn Carter.

John Wayne Gacy jr. (17 Maart 1942 – 10 Mei 1994) was ’n Amerikaanse reeksmoordenaar en verkragter wat skuldig bevind is aan die seksuele aanranding en moord op minstens 33 tienerseuns en jong mans tussen 1972 en 1978 in Chicago, Illinois.

Hy het bekend geword as die Killer Clown vanweë sy welsyndienste by geldinsamelings, parades en kinderpartytjies waar hy soos "Pogo die Hanswors" sou aantrek – ’n karakter wat hyself geskep het.

Al Gacy se moorde is sover bekend in sy buurt gepleeg; sy slagoffers is gewoonlik na sy huis gelok deur oorreding of geweld en al sy teikens behalwe een is vermoor deur óf versmoring óf verwurging met ’n knelverband (sy eerste slagoffer is doodgesteek). Gacy het 26 van sy slagoffers in die lae kelder van sy huis begrawe; nog drie is elders op sy erf begrawe en sy laaste vier bekende slagoffers is in die Des Plaines-rivier gegooi.

Gacy is skuldig bevind aan 33 moorde en op 13 Maart 1980 tot dood veroordeel vir 12 van die moorde. Hy het 14 jaar in die dodesel deurgebring voordat hy op 10 Mei 1994 met ’n dodelike inspuiting tereggestel is.

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Amerikaanse komediante Kategorie:Amerikaanse pedofiele Kategorie:Amerikaanse reeksmoordenaars Kategorie:Amerikaanse tereggestelde mense Kategorie:Amerikaanse verkragters Kategorie:Hansworse Kategorie:Geboortes in 1942 Kategorie:Sterftes in 1994