Alex O'Loughlin (24 Augustus 1976 –) is 'n Australiese akteur, wat tans die rol vertolk van Steve McGarrett in CBS se TV-reeks, Hawaii Five 0.

Hy het ook rolle vertolk in Oyster Farmer (2004), The Back Up Plan (2010), en het ook in die televisiereekse Moonlight (2008) en Three Rivers (2009) verskyn.

Kinderjare O'Loughlin is op 24 Augustus 1976 in Canberra, Australië gebore, van Ierse en Skotse herkoms. Sy pa is 'n onderwyser in fisika en astronomie in Sydney, en sy ma is 'n verpleegster.

O'Loughlin het as kind aan asma gely - onderhoud met Alex asook aandagtekort-hiperaktiwiteitversteuring (ADHD) Quote on ADD in various publications posted on O'Loughlin's own webpage en obsessiewe kompulsiewe versteuring. O'Loughlin het skool baie moeilik gevind, en het reeds op die ouderdom van 14 sy skool verlaat. In 1999 het hy ingeskryf by die Nasionale Instituut van Dramatiese Kuns in Sydney, Australië, en 'n B.A.-graad in Junie 2002 ontvang.

Loopbaan O'Loughlin het reeds as tiener in teater gewerk. Een van sy eerste rolle was as 'n ekstra in 'n advertensieveldtog waarin hy verskyn as 'n vlootoffisier. Na voltooiing van sy graad, het hy in verskeie Australiese televisie- en filmproduksies verskyn. Van sy werk sluit in rolle in BlackJack: Sweet Science, Love Bytes en White Collar Blue.

In 2004 het hy sy eerste rol losgeslaan in Oyster Farmer. Hy het later verskyn in Man Thing, Feed, en in die Australiese mini-reeks The Incredible Journey of Mary Bryant. Vir hierdie rol is hy in 2005 genomineer vir die toekenning van 'Beste Hoofakteur in Televisie' deur die Australian Film Institute Awards en ook in 2006 as 'Uitstaande Akteur in 'n Dramareeks' deur die Logie Toekennings. O'Loughlin het ook in 2007 aangesluit by die span van The Shield as die speurder Kevin Hiatt.

In 2005 het hy 'n oudisie gedoen vir die rol van James Bond. Hy het in 'n onderhoud genoem dat dit sy grootste oudisie tot op hede was.

O'Loughlin het die span van The Shield verlaat nadat hy 'n hoofrol in 'n CBS produksie van Moonlight losgeslaan het as privaat speurder en vampier, Mick St. John. CBS het nie 'n tweede seisoen van die reeks ondersteun nie.

In Augustus 2008 is aangekondig dat CBS 'n kontrak met O'Louglin wou sluit vir 'n TV reeks ontwikkel deur die skrywer Mark Gordon, maar dit is nooit deurgevoer nie. Net hierna is O'Louglin die hoofrol aangebied van die CBS-hospitaaldrama Three Rivers, deur vervaardiger Carol Barbee, wat op Sondae tussen 2009 en 2010 vertoon is.

In April 2009 het hy verskyn in 'n episode van Criminal Minds (vierde reeks) met die titel "The Big Wheel". O'Loughlin het ook saam met Jennifer Lopez verskyn in die 2010 romantiese komedie The Back Up Plan.The Back-up Plan official site

CBS het O'Loughlin die rol aangebied van Lt-kommandeur Steve McGarrett in Hawaii Five-0 wat op 20 September 2010 vrygestel is. Die reeks het 'n toekenning ontvang vir Gunsteling Nuwe TV Reeks by die 2010–2011 People's Choice Awards. BuddyTV het hom as die 2de aantreklikste man in hulle "TV's 100 Sexiest Men of 2010" aangewys. en 9de in 2011.

Op 2 Maart 2012 het CBS aangekondig dat O'Loughlin nie sal verskyn in van die episodes van Hawaii Five-0 nie. Hy sou rehabilitasie ontvang vir die misbruik van voorgeskrewe medikasie na 'n skouerbesering."O'Loughlin to miss shooting some episodes of Hawaii Five-O" , insidetv.ew.com, 2 Maart 2012.O'Loughlin enters treatment for prescription drug issues, usmagazine.com

In Augustus 2013 het Australians in Film aangekondig dat O'Loughlin 'n toekenning ontvang by 'n eksklusiewe geleentheid in Los Angeles op 24 Okctober 2013." 'Next big things' Sullivan Stapleton and Jacki Weaver to be honored at Australians in Film reception." news.com.au, 28 Augustus 2013]

Persoonlike Lewe O'Loughlin se eerste kind, Saxon, is gebore uit 'n vorige verhouding. Hy is vervreem van sy jarelange meisie, die Australiese aktrise en sangeres Holly Valance, in Februarie 2009.

O'Loughlin en Malia Jones is getroud in Hawaii op 18 April 2014. Die paartjie het 'n seun met die naam van Lion.

O'Loughlin, Jones en hulle drie seuns bly tans in Hawaii waar die reeks Hawaii Five-0 geskiet word. Hy is tans die ambassadeur vir Donate Life America. Hy is ook aktief betrokke in 'n veldtog teen 'ALS'.http://webgw.alsa.org/site/PageServer?pagename=GW_9_In_The_News_Alex_OLoughlin_Joins_The_Walk

Filmografie +Film Jaar Titel Rol 2004 Oyster Farmer Jack Flange 2005 Man-Thing Eric Fraser 2005 Feed Michael Carter 2006 The Holiday Kissing Couple 2007 The Invisible Marcus Bohem 2007 August Rush Marshall 2009 Whiteout Russell Haden 2010 The Back-up Plan Stan +Televisie Jaar Titel Rol Notas 2003 White Collar Blue Ian Mack Episode: "2:01" 2004 Love Bytes Dave Episode: "Net Nanny" 2004 Black Jack: Sweet Science Luke Anderson TV film 2005 The Incredible Journey of Mary Bryant Will Bryant TV mini-seriesNominated – Australiese Film Institute Toekenning vir Beste hoofkarakter in Televisie(2005)Nominated – Logie Toekenning 2006 vir Uistaande Akteur in a Dramareeks 2007 The Shield Kevin Hiatt 7 episodes 2007–2008 Moonlight Mick St. John 17 episodesWon – People's Choice Toekenning vir Beste Drama Reeks (2007–2008) 2009 Criminal Minds Vincent Rowlings Episode: "The Big Wheel" 2009–2010 Three Rivers Dr. Andy Yablonski 13 episodes 2010–2020 Hawaii Five-0 93 episodesSteve McGarrett Won – People's Choice Toekenning vir Beste Nuwe TV Drama(2010–2011)

Toekennings Jaar Toekenning Kategorie Werk genomineer Uitslag 2005 AACTA Toeknning – AFI Toekenning Beste Hoof Akteur in Televisie The Incredible Journey of Mary Bryant Nominasie 2006 Silwer Logie Toekenning Mees Uistaande Akteur in a Dramareeks The Incredible Journey of Mary Bryant Nominasie 2013 Australianerss in Film – 'Breakthrough' Toekenning Internasionale Sukses Loopbaan Wen

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Australiese manlike akteurs van die 21ste eeu