Alfonso d' Albuquerque (1453 - 1515) was 'n Portugese seevaarder, soldaat en tweede Portugese onderkoning van Indië. Hy verwerf groot aansien in die oorloë teen die More en in 1503 seil hy, vergesel van sy broer, met bevele om vestings op onder andere Cotchin te vestig. Hy en Tristão da Cunha verwoes die dorpe Oja en Brava aan die kus van Oos-Afrika en plaas Lamu onder Portugese gesag. Hy volg Francisco de Almeida op as onderkoning van Indië op 5 November 1509.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Eksterne skakels

Kategorie:Portugese ontdekkingsreisigers Kategorie:Geboortes in 1453 Kategorie:Sterftes in 1515