duimnael|Mbulaeni Mulaudzi in 2008

Mbulaeni Mulaudzi (8 September 1980 – 24 Oktober 2014) was 'n Suid-Afrikaanse 800 m atleet. Hy was 'n wêreldkampioen en Olimpiese silwermedaljewenner. Hy het die binnenshuise wêreldtitel in 2004 verower en die buitenshuise titel in 2009. Hy het sy silwermedalje tydens die Olimpiese Somerspele 2004 verower. Mulaudzi het by die openingseremonie die Suid-Afrikaanse vlag gedra. Hy was ook die Statebondspele-kampioen van 2002.

Hy is in 2014 op 34-jarige leeftyd in 'n motorongeluk naby Witbank, Mpumalanga, oorlede.SA Olympic athlete killed in car crash

Titels Wêreldkampioen 800 m - 2009 Binnenshuise Wêreldkampioen 800 m - 2004 Gemenebeskampioen 800 m - 2002 Suid-Afrikaanse kampioen 800 m - 2001, 2002, 2003, 2005, 2006 Afrika-jeugkampioen 800 m - 1999

Persoonlike rekords Opelug ItemTydDatumPlek800 m1.42,866 September 2009Rieti1000 m2.15,86 (SA rekord)7 Augustus 2007Stockholm1500 m3.38,556 Februarie 2009Durban

Binnenshuis ItemPrestasieDatumPlek800 m1.44,91 (nat. rek)9 Maart 2008Valencia

Eerbetonings Mulaudzi is met die Orde van Ikhamanga in 2015 postuum bekroon.

Verwysings

Eksterne skakels

Mbulaeni Mulaudzi se IAAF-profiel

Kategorie:Suid-Afrikaanse atlete Kategorie:Olimpiese deelnemers Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Sterftes in 2014