Die 2015 Superrugbyseisoen was die vyfde seisoen van die vergrote 15-span-toernooi en die 20ste van die rugbykompetisie tussen provinsiale spanne van die suidelike halfrond. Wedstryde in die rondomtalie is elke naweek van 13 Februarie tot 13 Junie gespeel. Die eindwedstryd is op 4 Julie 2015 beslis.
Die kompetisie was oor 21 weke beslis met ’n totaal van 125 wedstryde wat gespeel is. Dit het begin met drie groepe van vyf spanne wat volgens lande ingedeel was (daar was dus ’n Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse groep). Die seisoenwedstryde het bestaan uit twee tipes wedstryde, nl.: Intergroepwedstryde – Elke span speel tweekeer teen elk van die ander spanne in die groep in tuiswedstryde. Tussengroepwedstryde – Elke span speel teen vier van die spanne van die ander twee groepe waarvan vier wedstryde tuis en vier wedstryde weg sal wees. Daar was dus teen een span van elke ander groep nié gespeel nie.
Die boonste span in elke groep, asook die volgende drie spanne op die algehele punteleer (ongeag hul plek in die groep), het in die uitspeelwedstryde gespeel. Die boonste twee groepwenners (op die basis van die algehele punteleer) het ’n loslootjie ontvang vir die eerste ronde van die uitspeelwedstryde. In die eerste ronde van die uitspeelwedstryde was die derde groepwenner nommer drie met ’n tuiswedstryd teen die span wat sesde op die algehele punteleër eindig. Die span wat vierde geëindig het op die algehele punteleer het in ’n tuiswedstryd teen die span wat vyfde geëindig het gespeel. In die halfeindrondes speel die tweede groepwenner uit teen die span wat die eerste uitspeelronde gewen het en die hoogste op die punteleer is. Die eerste groepwenner speel dan teen die ander uitspeelrondewenner. Die eindronde is ’n tuiswedstryd vir die span wat die hoogste op die algehele punteleer eindig.
Punte
Tabel notas Pos = Tabel Posisie S = Speel W = Wen (4 punte) G = Gelykop (2 punte) V = Verloor (0 punte) PV = Punte vir (Totale punte aangeteken) PT = Punte teen (Totale punte afgestaan) +/- = Punteverskil (Die totaal van PV minus PT punte) DB = Bonuspunt toegeken aan ’n span wat vier of meer drieë gedruk het in een wedstryd, ongeag die uitslag van die wedstryd. VB = Bonuspunt toegeken aan die verloorspan indien daardie span met 7 of minder punte verloor. Slegs die verloorspan kan ’n maksimum van 2 bonuspunte verkry. Pte = Alle punte wat bymekaar gemaak is
Ronde vir ronde
Wedstryddatums DatumDatumWeek 113-15 FebruarieWeek 121-2 MeiWeek 220-21 FebruarieWeek 138-9 MeiWeek 327-28 FebruarieWeek 1415-16 MeiWeek 46–7 MaartWeek 1522-23 MeiWeek 513–14 MaartWeek 1629-30 MeiWeek 620–22 MaartWeek 175-6 JunieWeek 727-28 MaartWeek 1812-13 JunieWeek 83–4 AprilUitspeelrondes19-20 JunieWeek 910–11 AprilHalfeindronde26-27 JunieWeek 1017-18 AprilEindronde4 JulieWeek 1124–26 April
Nota: Afskoptye is in die land waar die wedstryd gespeel is
Week 1
Loslootjie: Highlanders
Week 2 Geen somertyd in Brisbane.
Loslootjie: Cheetahs
Week 3 Geen somertyd in Perth.
Loslootjie: Waratahs
Week 4 Geen somertyd in Brisbane.
Loslootjie: Crusaders, Hurricanes, Rebels
Week 5 Geen somertyd in Brisbane en Perth.
Loslootjie: Bulls
Week 6
Loslootjie: Blues, Reds, Stormers
Week 7 Geen somertyd in Brisbane.
Loslootjie: Brumbies
Week 8 Paasnaweek Geen somertyd in Perth. Sondag 5 April eindig somertyd in Australië en Nieu-Seeland.
Loslootjie: Force, Highlanders, Waratahs
Week 9
Loslootjie: Chiefs, Hurricanes, Rebels
Week 10
Loslootjie: Lions
Week 11
Loslootjie: Sharks
Week 12
Loslootjie: Reds
Week 13
Loslootjie: Bulls, Cheetahs, Chiefs
Week 14
Loslootjie: Crusaders, Force, Stormers
Week 15
Loslootjie: Brumbies
Week 16
Loslootjie: Blues
Week 17
Loslootjie: Sharks
Week 18
Loslootjie: Lions
Uitspeelwedstryde
Kwalifiserende ronde
Halfeindronde
Eindronde
Spelerstatistieke
Voorste driedrukkers Top 9 driedrukkersPosNaamDrieëSpan 1 Waisake Naholo 13 Highlanders 2 TJ Perenara 11 Hurricanes 3 Nemani Nadolo 9 Crusaders 4 Teqele Naiyaravoro 8 Waratahs David Pocock 8 Brumbies Patrick Osborne 8 Highlanders Joe Tomane 8 Brumbies Julian Savea 8 Hurricanes Boom Prinsloo 8 Cheetahs Bron: Supersport.com
Voorste puntemakers 10 voorste puntemakersPosNaamPunteSpan 1 Lima Sopoaga 191 Highlanders 2 Bernard Foley 187 Waratahs 3 Christian Lealiifano 170 Brumbies Demetri Catrakilis 170 Stormers 5 Handré Pollard 167 Bulls 6 Elton Jantjies 152 Lions 7 Dan Carter 127 Crusaders 8 Mike Harris 123 Rebels 9 Beauden Barrett 121 Hurricanes 10 Ihaha West 104 Blues Bron: Supersport.com
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Sport in 2015 Kategorie:Superrugby