duimnael|links|'n Bottel wat van PE-LD vervaardig is Poliëtileen, afgekort as PE, is 'n polimeer van eteen wat 'n verskeidenheid gebruike het. Dit word onder andere vir die vervaardiging van vullissakke, buise en die isolasie van elektriese kabels gebruik.
duimnael|links|300px|Die radikaalmeganisme wat die polimeer vorm
Daar is verskeie tipes PE: HDPE – hoë-digtheid poliëtileen LDPE – lae-digtheid poliëtileen LLDPE - lineêre lae-digtheid poliëtileen UHMWPE - ultrahoëmolêregewig poliëtileen XLPE – cross linked poliëtileen
Die tipes verskil in hoe hulle gemaak word, maar ook in die kettingstruktuur en die morfologie en eienskappe. Poliëtileen is 'n semikristallyne stof. Die kristalstruktuur is gewoonlik ortorombies, hoewel daar ook 'n monokliniese en 'n heksagonale struktuur bestaan. Die ketting vou hom in 'n lamellêre struktuur wat geskei word van die volgende lamel deur 'n amorfe lagie. Die amorfe komponent gee die materiaal sy buigsaamheid, die kristallyne sy sterkte. Die afstand van lamel tot lamel word die lange periode genoem en bedra 50-300 Å afhanklik van die kettingstruktuur en die molekulêre massa (en sy verdeling). Scattering Methods and the Properties of Polymer Materials, 2005, , bls 115
Die HDPE-vorm word met 'n bepaalde katalisator gemaak wat liniêre kettings oplewer. Afhanklik van die molêremassaverdeling kan die kristalliniteit hoog wees (~90%). Die stof is dan wit en taamlik hard en glad en die smeltpunt is hoog. Die katalisator word die Ziegler-Natta-katalisator genoem. Die meeste HDPE word gebruik vir blow molding van bottels vir bleikmiddels, seep, melk ens. maar byvoorbeeld ook vir implantasie in heupgewrigte by mense met artritis Ziegler-Natta Catalyst Polymerizations, 1979, bls 69
Die LDPE-vorm word by hoë druk vervaardig en bevat lang-kettingvertakkings. Die kristaliniteit is laer as vir HDPE en die smeltpunt is ook laer. A comprehensive dynamic model for high-pressure tubular low-density polyethylene (LDPE) reactors, dissertation, 2006 Iowa State University, UMI 3229111
LLDPE is 'n ko-polimeer met hekseen of okteen (afhangend van die produsent). Dit gee aan die kettingstruktuur kort-kettingvertakkings en 'n kort-kettingvertakkingverdeling naas die molêremassaverdeling. Food Packaging: Principles and Practice, Second Edition, 2006, , bls 20 Die smeltpunt is laer dan vir HDPE en afhanklik van die verdelings kan die stof deursigtig wees pleks van wit. Met baie vertakkings voel die stof plakkerig en word dit vir kleefplastiek gebruik ("cling wrap").
UHMWPE is 'n lineêre PE met 'n baie groot molekulêre massa, tot 6.000.000 g/mol The UHMWPE Handbook, 2004, wat tot vesels getrek kan word. Dit kristalliseer nie deur te vou in lamelle nie maar as uitgestrekte kettings. Dit maak die stof baie sterk, meer as staal. Hierdie vorm word ook HHPE genoem (High modulus, high performance) Innovations in Materilas Manufacturing, Fabrication, and Environmental Safety, , 2011, bls. 467
Verwysings
Kategorie:Poliolefiene Kategorie:Alkane