Robert Loftus Owen Versfeld (1862 - 4 Mei 1932) was 'n rugbyspeler, prokureur en administrateur. Die stadium Loftus Versfeld is na hom vernoem. Hy is in Kaapstad gebore en ontvang opleiding aan die Green Point Grammer School. Hy bekwaam hom as 'n prokureur en praktiseer te Uitenhage (in die huidige Oos-Kaap). In 1890 verhuis hy na Pretoria en speel rugby vir Hamiltons en Transvaal. Hy bly 'n prominente speler van die spel tot sy uittrede in 1897. Daarna het hy 'n prominente rol in die administrasie van die spel gespeel.
Sien ook Loftus Versfeld
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1862 Kategorie:Sterftes in 1932