duimnael|links|300px|Bobby Locke in aksie tydens 'n toernooi in Rome.
Arthur D'Arcy Locke, bekend as Bobby (20 November 1917 – 9 Maart 1987) was 'n Suid-Afrikaanse gholfkampioen. Hy is in Germiston gebore. Hy begin gholf speel op vroeë ouderdom en in 1935 wen hy, as 'n 18-jarige, die Natalse, Transvaalse, die Suid-Afrikaanse Ope en die Suid-Afrikaanse Amateurskampioenskapstoernooi. Hy volg dit die volgende jaar op met die Natalse Ope en die Britse Amateur-Ope. Van 1938 af wen hy die Suid-Afrikaanse Beroepstoernooi 17 keer. Hy het ook onder andere die Kanadese, Franse, Egiptiese, Duitse, Ierse, Switserse, Hollandse, Meksikaanse, Australiese, Nieu-Seelandse en ander kampioenskappe gewen. Hy wen die Britse Ope vier keer, in 1949, 1950, 1952 en 1957. Hy was op daardie stadium slegs die derde speler naas Walter Hagen en Peter Thomson wat dit kon regkry. Hy laat internasionale gholf vaar na 'n ernstige motorongeluk.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse gholfspelers Kategorie:Geboortes in 1917 Kategorie:Sterftes in 1987