Giga, afgekort as G, is ’n voorvoegsel wat in die SI-stelsel gebruik word en verteenwoordig ’n ordegrootte van 109, oftewel ’n miljard (1 000 000 000). As voorbeeld: 1 miljard watt (W) = 1 gigawatt (GW).

In informatika word giga soms gebruik om ’n hoeveelheid van 1 0731 7411 824 oftewel 230 aan te dui (byvoorbeeld 1 GG = 1 gigagreep = 1024 megagrepe = 1024 * 1024 killogrepe). Dit word egter nie deur standaarde-organisasies aanbeveel nie. ’n Meer korrekte aanduiding sou wees 1 GG = ’n miljard grepe.

Algemene gebruik gigahertz – klokspoed van ’n sentrale verwerkingseenheid, byvoorbeeld 3 GHz = 3 000 000 000 Hz; gigajaar – ’n miljard (109) jaar; gigagreep – die grootte van ’n hardeskyf, byvoorbeeld 120 GB = 120 000 000 000 grepe. 1 GG kan 1 073 741 824 (230) grepe of 1 000 000 000 grepe verteenwoordig. Ondanks internasionale standaarde word 230 grepe dikwels as 1 GG aangedui. As ’n skootrekenaar met ’n geheue van 8 GG geadverteer word, beteken dit die rekenaar het ’n geheue van 8 589 934 592 grepe.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Eenhede