260px|duimnael|Die spiraalstelsel NGC 1232 is een van die helderstes in Eridanus. Die Eridanus-sterrestelselswerm se middelpunt is sowat 75 miljoen ligjare van die Aarde af en bevat sowat 73 groot sterrestelsels (200 in totaal). Sowat 30% van hulle is elliptiese sterrestelsels en die ander 70% is spiraalsterrestelsels of onreëlmatig. Die stelsels kom in kleiner groepe voor wat losweg deur hul swaartekrag bymekaargehou word en dit lyk dus of hulle nog besig is om nader na mekaar te beweeg om eindelik ’n swerm van sowat te vorm. Die swerm is in die sterrebeeld Eridanus geleë, naby die Fornax-sterrestelselswerm, en word soms die "Fornax II-swerm" genoem.atlasoftheuniverse.com
Sien ook Sterrestelselswerm Sterrekundeportaal
Verwysings
Kategorie:Sterrestelselswerms