Richard Horatio Edgar Wallace (1 April 1875 - 10 Februarie 1932) was 'n Engelse skrywer, joernalis en eerste redakteur van die Rand Daily Mail. Hy is in Londen gebore waar hy in groot armoede grootgeword het. Hy het as seun koerante verkoop. In 1896 sluit hy by die leër aan. Hy word na die Kaap gestuur en is gestasioneer op Simonstad. Hy skryf nabootsings van Rudyard Kipling se gedigte wat onder die titel Writ in Barracks in die Cape Times gepubliseer word. Sy eerste sukses verhaal is The Mission that Failed en is in 1898 in Kaapstad gepubliseer. Hy word 'n Reuter-korrespondent na uit die leër bedank het. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was hy 'n oorlogkorrespondent van die Daily News (1900) en die Daily Mail (1901-02). Een van sy beroemde scoops was die eksklusiewe nuus oor die ondertekening van die Vrede van Vereeniging. Van 1902 tot 1903 was hy die redakteur van die Rand Daily Mail. Hy keer terug na Engeland en begin speurverhale en rillers skryf. Hy word wêreldberoemd.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967 Maxwell-Mahon, W.D.: Edgar Wallace - journalist, novelist, and dramatist. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 25, nr. 1, September 1975
Kategorie:Engelse skrywers Kategorie:Geboortes in 1875 Kategorie:Sterftes in 1932 Kategorie:Engelse dramaturge Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog