Temitope Balogun (T.B.) Joshua (12 Junie 1963 – 5 Junie 2021), ook bekend as "Die Profeet", was 'n Christelike gebedsgeneser in Nigerië. Hy verwerf in die 1990's internasionale bekendheid vir die (soms spekulatiewe) genesings tydens dienste by sy tuiskerk, die Synagogue Church of All Nations (SCOAN) in Lagos. Sy kerk bedryf ook 'n TV-kanaal, genaamd Emmanuel.TV. Hy is in 2012 deur die tydskrif Africa Report as een van die 50 invloedrykste mense in Afrika aangewys. Volgens die Forbes-tydskrif was hy sowat R170 miljoen in 2014 werd.TB Joshua is ’n bosluis wat teer op sterwendes , Netwerk 24, 21 September 2014
Biografie Temitope Balogun is op 12 Junie 1963 in Arigidi, Nigerië gebore. Volgens sy kerk se webtuiste was hy 15 maande lank in sy moeder se baarmoeder voordat hy in armoede gebore is. Hy het sy kerk in die laat 1980's met slegs agt lede gestig. Dit het sedertdien verstommend gegroei en takke is wêreldwyd opgerig (daar is selfs een in Suid-Afrika).
Siekes van heinde en verre besoek sy kerk in die hoop om genesing te ontvang. SCOAN het verskeie video's gepubliseer wat die beweerde genesings, en selfs die genesing van ongeneeslike siektes (soos VIGS) en gestremdhede dokumenteer. Mediese verslae is 'n voorvereiste vir gebed in 'n poging om die wonderwerke wat plaasvind te kontroleer.
Ineenstorting van gastehuis 'n Gastehuis by sy kerk het op 12 September 2014 ineengestort. Na bewering was daar ten tye van die voorval 349 Suid-Afrikaners by die kerk, waarvan 84 dood is.Invloedryke Nigeriese prediker TB Joshua sterf, Maroela Media, 6 Junie 2021 Die gebou het inmekaar gestort terwyl werk aan die gang was om twee ekstra verdiepings by die gebou te voeg.TB Joshua wil Suid-Afrika besoek, Maroela Media, 21 September 2014 Volgens Joshua het 'n klein vliegtuig vier keer oor die gebou gesirkel, waarna dit ingestort het, en dat dit vermoedelik 'n poging was om hom om die lewe te bring. Volgens reddingswerkers is die waarskynlike oorsaak dat die gebou se fondamente nie voldoende versterk is nie.TB Joshua Lagos church collapse: Many South Africans dead, BBC, 17 September 2014
Persoonlike lewe en sterwe
Joshua was getroud met Evelyn Joshua en daar is drie kinders uit die huwelik gebore. Hy is op 5 Junie 2021 oorlede na een van sy aanddienste in Lagos, Nigerië. Geen oorsaak vir sy dood is bekend nie. Hy was 57 jaar oud.
Verwysings
Eksterne skakels SCOAN se amptelike webtuiste
Kategorie:Nigeriërs Kategorie:Christelike leiers Kategorie:Pinksterbeweging Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Sterftes in 2021 Kategorie:Profete