Die nasionale vlag van die Verenigde Koninkryk, ook die Union Jack of Union Flag genoem, is op 1 Januarie 1801 amptelik in gebruik geneem. Die verhouding van die vlag is 3:5 (op land) of 1:2 (op see) en die kleure is rooi (Pantone 186C), blou (Pantone 280C), en wit. Die vlag het ook amptelike of halfamptelike status in ander Statebondsgebiede; dit is byvoorbeeld in Kanada deur wetgewing as die Royal Union Flag afgekondig en simboliseer Kanada se affiliasie met die Britse monargie en die Britse Statebond. Dit word ook as die amptelike vlag in sommige van die kleiner Britse oorsese gebiede gebruik. Die Union Flag verskyn ook op die wapperkant (boonste linkerkantse kwart) van die vlae van verskeie lande en gebiede wat voormalige Britse besittings of kolonies was.
Die oorsprong van die vorige vlag van Groot-Brittanje dateer terug na 1606. A.C. Fox-Davies, The Art of Heraldry: An Encyclopædia of Armory (1904, reprinted 1986, ), bl. 399. James VI van Skotland het in 1603 die Engelse en Ierse trone geërf as James I, en sodoende die krone van Engeland, Skotland en Ierland in ’n persoonlike unie verenig, hoewel die drie ryke afsonderlike state gebly het. Op 12 April 1606 is ’n nuwe vlag van die koninklike unie tussen Engeland en Skotland in ’n koninklike dekreet gespesifiseer, waarvolgens die vlag van Engeland (’n rooi kruis op ’n wit agtergrond, bekend as die Sint Georgskruis), en die vlag van Skotland (’n wit skuinskruis op ’n blou agtergrond, bekend as die Saltire of Sint Andreaskruis), saamgevoeg is, die vorming van die vlag van Engeland en Skotland vir maritieme doeleindes. Koning James het ook sedertdien verwys na ’n "Koninkryk van Groot Britaine", hoewel die Unie ’n persoonlike een gebly het.
Die ontwerp van die Union Flag dateer uit ’n koninklike proklamasie ná die unifikasie van Groot-Brittanje en Ierland in 1801 (sien Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland). Die vlag kombineer aspekte van drie ouer nasionale vlae: die rooi kruis van Sint Georg van die Koninkryk van Engeland, die wit skuinskruis van Sint Andreas vir Skotland (hierdie twee was verenig in die eerste Union Flag), en die rooi skuinskruis van Sint Patrick om Ierland te verteenwoordig. Wallis, ten spyte daarvan dat dit ook deel van die Unie is, is nog nooit op die Britse vlag verteenwoordig nie.
Ontwerp Simboliek duimnael|Evolusie van die Britse vlag duimnael|Agterkant van ’n wapperende Britse vlag duimnael|Vir duidelikheid, word die fraiing van die vlagdele in geel uitgelig Die Britse vlag is ’n superponering van die Engelse vlag (rooi kruis op ’n wit agtergrond, die sogenaamde Sint Joriskruis, die beskermheilige van Engeland), die Skotse vlag (wit skuinskruis op ’n blou agtergrond, die sogenaamde Sint Andrieskruis, die beskermheilige van Skotland) en die Ierse vlag (rooi skuinskruis op ’n wit agtergrond, die sogenaamde Sint Patriciuskruis, die beskermheilige van Ierland).
Kleure KleurskemaBlouRooiWit Pantone (druk) 280 C 186 C Veilig Heksadesimaal (web) #00247D #CF142B #FFFFFF NSN 8305.99.130.4580 8305.99.130.4584 8305.99.130.4585 CMYK 100.72.18.5 0.91.76.6 0.0.0.0 RGB 0, 36, 125 207, 20, 43 255, 255, 255
* Nie amptelik nie; hierdie is Wikimedia Commons se eie uitbeelding van Pantone-kleure.
Die Union Flag se blou was van 1600 tot 1700 ligter en rondom 1800 donkerder as dié van die huidige vlag.
Ontwerp
Geskiedenis Ontstaan duimnael| Die Union Jack, 1606 tot 1800 duimnael| Skotse weergawe van die Union Jack, 1606 tot 1800 Die Uniegeus is die gevolg van die personele unie tussen die koninkryke van Engeland en Skotland deur koning Jakobus I, is in 1606 aanvaar en is gebruik tot 1649. Dit was aanvanklik net ’n superponering van die vlae van Engeland en Skotland oormekaar.
Ná die Engelse Burgeroorlog is die Ierse harp by die Engelse vlag gevoeg, wat tot 1660 in die middel van die vlag gepryk het. Tussen 1660 en 1801 is die oorspronklike Uniegeus weer gebruik.
In 1801, met die politieke hereniging van die naburige Ierland, is die rooi Sint Andrieskruis, destyds die vlag van die koninkryk van Ierland, by die Unievlag gevoeg. Die asimmetrie van die Uniegeus is te danke aan die gelykstaande vertoning van die Skotse Sint Andrieskruis en die Ierse Sint Patriciuskruis, wat langs mekaar vertoon word. Heraldies word dit bereik deur dié simbole nie direk op mekaar te sentreer nie, maar teen mekaar te "laat sweef". Die Engelse Sint Joriskruis is egter sentraal tot alle ander kruise, wat die politiese oorheersing van Engeland oor Skotland en Ierland simboliseer.
Die nuwe vlag van die Verenigde Koninkryk is amptelik deur ’n Ordonnansie van 1801 aanvaar.
1809 is die Uniegeus deur die parlement as die amptelike Britse nasionale vlag verklaar.
Die vlag van Wallis het nog nooit insluiting in die Uniegeus gevind nie omdat Wallis reeds deur die Act of Union 1535, voor die oprigting van die Verenigde Koninkryk, by Engeland ingelyf is. Daar bestaan tans voorstellings van die Uniegeus met die Sint Dawidkruis (geel kruis op ’n swart agtergrond vir Sint Dawid, die beskermheilige van Wallis). Die Britse minister van kultuur, Margaret Hodge, het in 2007 nie ’n herontwerp van die Uniegeus uitgesluit nie.
Naam Die amptelike naam van die vlag is die Unievlag, maar dit het oral gebruik geword om dit die Union Jack (Uniegeus) te noem. In letterkundige sin is die Uniegeus net die klein vlag of geus, wat van die geusstok (jackstaff), ’n stok op die boegspriet of voorgedeelte van ’n skip waai. ’n Ander verklaring is dat “Jack” afgelei is van die naam van James I, wie hierdie vlag in sy oorspronklike vorm ingevoer het.
Diensvlae duimnael| Union Jack van die Britse Weermag duimnael| Groen Vaandel van Ierland, 1801 tot 1922 Omdat net die diensvlae, wat op water gebruik word, van die nasionale vlag verskil, word hulle 'n “vaandel” genoem, die term vir die stertvlag van ’n skip. Die Britse Vloot het tot die vloothervorming in 1864 drie modifikasies van die Unievlag gebruik: Die Blou Vaandel word as diensvlag op water gebruik. Alle staatsowerhede is verplig om dit te gebruik. Sedert 1865 is afhanklike gebiede toegelaat om dit aan te vul met ’n embleem (wapen) en hul eie vlae, waaruit verskeie koloniale vlae ontstaan het. Sommige vlae word tot vandag nog gebruik en vorm die basis van heelwat huidige nasionale vlae. Dit is die basis van die vlae van Australië, Fidji, Nieu-Seeland, Tuvalu en sommige Australiese deelstate. Die Rooi Vaandel (ook burgerlike vlag genoem) het die handelsvlag geword. Die Verenigde Koninkryk en sommige afhanklike gebiede en voormalige kolonies gebruik tot vandag die Rooi Vaandel vir hul skepe. Dit is ook die basis van die vlae van Bermuda en sommige Kanadese provinsies. Die Wit Vaandel is sedert 1864 die enigste vlag van die Britse Vloot. Dit is die oorlogsvlag ter see. Die Groen Vaandel was beperk tot Ierse handelskepe vanaf die 17de eeu tot die vroeë 20ste eeu. Die amptelike status van hierdie voormalige vlag is nie meer vandag bekend nie. Ireland before the Partition of 1922 by Flags of the World. URL besoek op 9 Maart 2015.
Ander vaandels
Vlae van die monarg Die monarg van die Verenigde Koninkryk is nie net die staatshoof van Groot-Brittanje nie, maar formeel ook in sommige ander lande in die Britse Statebond. In die lande waar die staatshoof die monarg van die Verenigde Koninkryk is, word ’n unieke vlag, bekend as ’n Koninklike Standaard, gebruik, wat van die Unievlag verskil. Hier is hoofsaaklik die wapen van die land gebruik. Die Koninklike Standaard wapper slegs vanaf geboue waar die monarg werklik teenwoordig is.
Ander vlae
Soortgelyke vlae Onafhanklike lande Baie voormalige kolonies het die Unievlag in hul nasionale vlae in die skildhoek behou. Dikwels is aangepaste Rooi Vaandels gelys as handelsvlag en Wit Vaandels as vlootvlae van hierdie lande. Verskeie provinsiale vlae gebruik ook die Unievlag in die skildhoek.
Afhanklike gebiede Sedert 1865 is die Britse kolonies en afhanklike gebiede toegestaan om die Blou Vaandel met ’n eie wapen aan te vul. In sommige gevalle, soos byvoorbeeld in Suid-Afrika en Kanada, is die Rooi Vaandel as nasionale vlag gebruik. Die enigste uitsondering is die vlag van die Brits-Antarktiese Gebied, wat ’n aanpassing van die Wit Vaandel is.
Deelstate en provinsies
Voormalige vlae Sedert 1865 is kolonies en afhanklike gebiede toegelaat om hul eie vlae te gebruik, dikwels ’n aanpassing van die Blou Vaandel. In 1875 is ’n vlag aan die Natalkolonie, in 1876 aan die Kaapkolonie, in 1902 aan die Oranjerivierkolonie en in 1904 aan die Transvaalkolonie deur koninklike lasbriewe toegeken. Hierdie vlae was ook op die Blou Vaandel gebaseer. Na die onafhanklikwording van talle van hierdie kolonies en afhanklike gebiede het hulle voortgegaan met die gebruik van die aangepaste Blou Vaandel.
Om in Suid-Afrika dieselfde verhouding as die Unievlag van Suid-Afrika te gebruik, is daar vanaf 1929 tot 1957 ’n Unievlag met die verhouding 2:3 toegestaan. ’n Uitsondering is die Vlag van Suid-Afrika wat van 1928 tot 1994 gebruik is. Saam met die vlae van die Oranje-Vrystaat (vertikaal) en Transvaal het die Unievlag die sentrale wapen op ’n Prinsevlag gevorm.
<div align="center">
Protokol
Die Unievlag mag deur enige individu of organisasie in die Verenigde Koninkryk vertoon word op enige dag van hul keuse. Wetlike regulasies beperk die gebruik van die Unievlag op regeringsgeboue in Noord-Ierland. Lang beperkings op die regeringsgebruik van die vlag is elders afgeskaf in Julie 2007. Departement vir Kultuur, Media en Sport: Flag Flying . URL besoek op 9 Maart 2015. The Governance of Britain, for flying the Union Flag, bl. 57–58. URL besoek op 9 Maart 2015.
Omgekeerde vertoning Hoewel die vlag simmetries blyk te wees, het die wit lyne bo en onder die diagonale rooi verskillende breedtes. Aan die vlagstokkant is die wit lyne bo die diagonale rooies wyer; aan die wapperkant is dit omgekeerd. So sal geen verandering duidelik wees wanneer die vlag deur 180 grade gedraai word nie, maar die spieëlbeeld van die vlag sal wel onderstebo wees.
Indien die vlag onderstebo vertoon word, word dit beskou as 'n belediging vir die koningshuis en sommige mense neem aanstoot daarmee. Matthew Tempest and agencies, Paisley to stand down as MEP, The Guardian, 19 Januarie 2004. URL besoek op 9 Maart 2015. Defence Secretary apologises for flag blunder BBC News, 13 November 1997. URL besoek op 9 Maart 2015. Dit kan egter onderstebo as noodsein vertoon word. Hoewel dié gebruik selde voorkom, is dit só gebruik deur groepe onder beleg tydens die Tweede Vryheidsoorlog en tydens veldtogte in Indië in die laat 18de eeu.
Sint Patriciuskruis Die rede hoekom die Britse vlag nie simmetries is nie, is as gevolg van die relatiewe posisies van die skuinskruise van Sint Patricius en Sint Andries. Die rooi skuinskruis van Sint Patricius is geneutraliseer so dat dit nie die wit skuinskruis van Sint Andries in ’n blote fraiing uitskuif nie. Sint Andries se skuinskruis het die hoër posisie op die vlagstok terwyl Sint Patricius se skuinskruis die hoër posisie op die teenoorgestelde kant het.
Halfstok duimnael|upright|Die Britse vlag wapper halfstok by Elizabeth Harbour in Jersey na die dood van Margaret Thatcher op 8 April 2013 duimnael|upright|Die Britse vlag, die Noord-Ierse vlag en die vlag van die Oranjeorde naby Derry Die Unievlag word in die volgende situasies halfmas vertoon op regeringsgeboue: FAQ Departement van Kultuur, Media en Sport. URL besoek op 9 Maart 2015. van die aankondiging van die dood van die monarg (’n uitsondering word gemaak vir die Proklamasiedag – die dag waarop 'n nuwe vors aangekondig word, wanneer die vlag tot volstok gehys word vanaf 11:00 tot sononder); die dag van die begrafnis van ’n lid van die Britse koninklike familie; die begrafnis van ’n buitelandse staatshoof; die begrafnis van ’n voormalige Britse eerste minister.