duimnael|340px|Die tempel van Isis by Philae, met suile en ’n toe binnehof links en die onderdakgebou regs. duimnael|340px|Die dodetempel van farao Hatsjepsoet. Egiptiese tempels is gebou vir die amptelike aanbidding van die gode en gedenking van die farao's in Antieke Egipte en streke onder Egiptiese beheer. Tempels is beskou as die huise van die gode of konings aan wie hulle gewy is. Hier het die Egiptenare verskeie rituele uitgevoer: offerandes gebring, die gode se mitologiese interaksies nageboots met feeste en die magte van chaos afgeweer. Dié rituele is beskou as noodsaaklik vir die handhawing van maät, die goddelike orde van die heelal.
Dit was die farao's se plig om vir die gode te sorg en hulle het groot bedrae bestee aan die bou en instandhouding van die tempels. Hulle was genoodsaak om die meeste van hul rituele pligte oor te laat aan verskeie priesters, maar die grootste deel van die bevolking was uitgesluit van direkte deelname aan seremonies en toegang tot die heiligste plekke was vir hulle verbode. Tog was die tempel ’n belangrike godsdienstige plek vir Egiptenare van alle klasse; hulle het daar gaan bid, offerandes gebring en leiding van die gode gevra met behulp van ’n orakel.
Die belangrikste plek in die tempel was die heiligdom, wat gewoonlik ’n kultusafbeelding, ’n standbeeld van die god, bevat het. Die kamers buite die heiligdom het mettertyd groter en uitspattiger geword – tempels het dus ontwikkel van klein altare in die laat voordinastiese tydperk (laat 4de millennium v.C.) tot massiewe steengeboue in die Nuwe Ryk (omstreeks 1550–1070 v.C.) en later. Hierdie aanbiddingsplekke was van die grootste en langs oorblywende voorbeelde van die Antieke Egiptiese argitektuur, en die elemente is gerangskik en versier volgens ’n ingewikkelde patroon van godsdienstige simboliek. Hulle het gewoonlik bestaan uit ’n paar toe sale, oop howe en massiewe ingangsuile wat opgelyn het met die pad wat deur feesoptogte gevolg is. Buite die tempel was ’n buitemuur met ’n groot verskeidenheid kleiner geboue.
’n Groot tempel het ook groot stukke grond besit en duisende werkers in diens gehad wat in die tempel se behoeftes voorsien het. Hulle was dus belangrike godsdienstige én ekonomiese sentrums. Die priesters wat hierdie magtige instellings beheer het, het aansienlike invloed gehad en hoewel hulle veronderstel was om ondergeskik aan die farao te wees, het hulle soms sy mag uitgedaag.
Tempels is steeds gebou nadat Egipte sy onafhanklikheid verloor en ’n provinsie van die Romeinse Ryk geword het. Met die koms van die Christendom is volgelinge van die Egiptiese gode al hoe meer vervolg en die laaste tempel is in 550 n.C. gesluit. Die geboue is eeue lank verniel en verwaarloos, maar aan die begin van die 19de eeu het belangstelling in Antieke Egipte weer opgevlam en gelei tot die ontstaan van Egiptologie. Duisende mense het Egipte besoek om die antieke beskawings se oorblyfsels te sien. Tientalle tempel het behoue gebly en van hulle het beroemde toeriste-attraksies geword wat baie bydra tot die ekonomie van moderne Egipte. Egiptoloë bestudeer steeds die tempels en oorblyfsels van verwoeste tempels omdat hulle belangrike bronne van inligting is oor die Antieke Egiptiese beskawing.
Funksies Godsdienstig duimnael|160px|’n Reliëf van farao Seti I wat rituele uitvoer vir die god Amoen. Antieke Egiptiese tempels was veronderstel om plekke te wees waar die gode op aarde kon bly. Die woord wat die Egiptenare algemeen vir die tempelgebou gebruik, is juis ḥwt-nṯr, "huis van ’n god".Spencer 1984, p. 22, 44; Snape 1996, p. 9 ’n God se teenwoordigheid in die tempel het die menslike en goddelike ryke verbind en mense in staat gestel om deur middel van rituele met die gode te kommunikeer. Daar is geglo hierdie rituele het die gode onderhou en in staat gestel om sy rol in die natuur vol te hou. Hulle was dus ’n belangrike deel van die handhawing van maät, die ideale orde van die natuur en menslike gemeenskap volgens die Egiptiese geloof.Dunand and Zivie-Coche 2005, pp. 89–91 Die handhawing van maät was die hele doel van die Egiptiese godsdiens,Assmann 2001, p. 4 en dit was ook die doel van die tempel.Shafer, Byron E., "Temples, Priests, and Rituals: An Overview", in Shafer 1997, pp. 1–2
Omdat geglo is die farao het self goddelike mag, was die farao se goddelike natuur ’n sleutelelement van die Egiptiese tempel.Haeny, Gerhard, "New Kingdom 'Mortuary Temples' and 'Mansions of Millions of Years', in Shafer 1997, pp. 126, 281 Die farao is as ’n heilige koning beskou as Egipte se verteenwoordiger by die gode.Shafer, Byron E., "Temples, Priests, and Rituals: An Overview", in Shafer 1997, p. 3 Dit was dus sy plig om die tempelrituele uit te voer. Dit is nie seker hoe dikwels hy aan dié rituele deelgeneem het nie, want die verspreiding van tempels oor die hele Egipte het dit onmoontlik vir hom gemaak om dit in alle gevalle te doen en die meeste van dié pligre is oorgelaat aan priesters. Die farao was egter verantwoordelike vir die instandhouding en uitbreiding van die tempels in sy ryk.Wilkinson 2000, pp. 8, 86
Elke tempel het ’n hoofgod gehad; die meeste is ook aan ander gode gewy.Meeks and Favard-Meeks 1996, pp. 126–128 Alle gode het egter nie tempels gehad wat aan hulle gewy is nie. Die meeste van die gode wat wel tempels van hul eie gehad het, is net in sekere streke van Egipte aanbid.Wilkinson 2000, p. 82 Baie van hulle was verbind met sekere stede, byvoorbeeld Ptah met Memphis. Baie van dié gode is verbind met die skepping van die heelal uit die oerheuwel en daarom is elke tempel verbind met die plek waar die skepping begin het.Reymond 1969, pp. 323–327
Farao's het ook tempels laat bou om hul gees in die hiernamaals te huisves, en dit was dikwels naby die plek van hal graftombers. Dit was dus eintlik dodetempels, en anders as die goddelike tempels. Daar is egter dikwels nie ’n duidelike onderskeid tussen die twee nie en Egiptenare het nie aparte woorde vir die twee soorte tempels gehad nie.Haeny, Gerhard, "New Kingdom 'Mortuary Temples' and 'Mansions of Millions of Years', in Shafer 1997, pp. 89–102 Die rituele was ook nie uitsluitlik vir óf die afgestorwenes óf die gode nie.Shafer, Byron E., "Temples, Priests, and Rituals: An Overview", in Shafer 1997, pp. 3–4
Ekonomies en administratief duimnael|links|270px|Provinsies, of nomosse, van Egipte bring offerandes vir die tempelgod. Tempels was nie net plekke van aanbidding nie, maar ook ekonomiese sentrums. Hulle het duisende priesters, ambagsmanne en werkers in diens gehad.Wilkinson 2000, pp. 90–93 Die ekonomie van ’n tempel was soortgelyk aan dié van ’n Egiptiese huishouding, met bediendes wat die tempelgod gedien het soos wat hulle met die eienaar van ’n landgoed sou gedoen het. Die verband word weerspieël deur die Egiptiese woord vir die tempeleiendom en -administrasie: pr, wat beteken "huis" of "landgoed".Spencer 1984, p. 17
Van die tempel se voorraad het direk van die farao af gekom. In die Nuwe Ryk was dit dikwels buit van militêre veldtogte of belasting wat deur afhanklike state betaal is.Sauneron 2000, pp. 52–53 Die farao kon ook ’n belasting instel wat direk na die tempel gegaan het.Evans 1961, pp. 216–217
’n Groot deel van die inkomste van die tempels was selfgegenereer. Groot stukke grondgebied langs die tempel, of soms in ’n heel ander gebied, het aan die tempel behoort. Die belangrikste hiervan was plase wat graan, vrugte of wyn geproduseer het of met vee geboer het. Tempels het veldtogte na die woestyn geloods wat bronne soos sout, heuning of wild ontgin het of edelgesteentes gemyn het.Haring 1997, pp. 372–379 Sommige het vlote gehad wat by handel buite Egipte se grense betrokke was.
Soms is tempels ook gelas om ander uitgawes te dek. Die dodetempels van Thebe het byvoorbeeld voorraad verskaf aan die grafkelderbouers by Deir el-Medina.Haring 1997, pp. 392–395 ’n Tempel se grondgebied kon ook landwyd herversprei word en dit kon die ekonomiese landskap van Egipte verander.Quirke 2001, p. 168 Die tempels was dus belangrike instrumente van die farao om die land se hulpbronne en mense te bestuur.Haring 1997, pp. 389, 394–396 Tog het die priesters van die tempels groot mag gehad, en soms het hulle die farao se mag uitgedaag of selfs gekniehalter.Sauneron 2000, pp. 169–170, 182
Konstruksie duimnael|200px|Die steenblokke van ’n tempelmuur. Tempels is regdeur Bo- en Benede-Egipte gebou, asook in die Egipties beheerde oases in die Libiese Woestyn en op die Sinai-skiereiland. In tydperke waarin Egipte Nubië oorheers het, is ook daar tempels gebou tot so ver suid as Djebel Barkal.Wilkinson 2000, pp. 100, 233, 234 Die meeste Egiptiese dorpe het een gehad,Wilkinson 2000, p. 16 maar soms, soos met die dodetempels in Nubië, is die tempels in die oopte gebou.Kemp, Barry, "Temple and town in ancient Egypt", in Ucko et al., pp. 661, 666–667 Die presiese ligging is dikwels om godsdienstige redes gekies, soos die mitiese geboorte- of begraafplek van ’n god. Die tempel se as kon ook oplyn met plekke van godsdienstige betekenis, soos die ligging van ’n naburige tempel, die plek waar die son opkom of spesifieke sterre. Die Groot Tempel van Aboe Simbel is byvoorbeeld so gebou dat die son twee keer per jaar op die standbeelde van die gode in die heiligdom skyn. Die meeste tempels het met die Nylrivier opgelyn en hul as was min of meer oos-wes.Wilkinson 2000, pp. 36–37, 226 Dit is egter ook beïnvloed deur die vloei van die rivier op ’n spesifieke plek.
’n Uitgebreide stel fondamentrituele het die bouwerk voorafgegaan, en nog rituele is uitgevoer as die bouwerk voltooi was om die tempel aan ’n sekere god te wy. Die bouwerk kon jare of selfs dekades duur.Wilkinson 2000, pp. 43–44
Die gebruik van klipstene vir die bou van latere Egiptiese tempels het hulle uitgesonder as die ewige huise van gode, in teenstelling met mense se huise wat met modderstene gebou is.Assmann 2001, p. 30 Die hoofstene was van kalk- en sandsteen, wat volop in Egipte was; stene wat harder was en dus moeiliker om te bewerk, soos graniet, is in kleiner hoeveelhede vir individuele elemente soos obeliske gebruik.Arnold 1991, pp. 27–36, 47 Die stene moes van naby die bouplek gekry word of is van ander plekke op die Nyl na die bouperseel vervoer.Wilkinson 2000, p. 40
Tempels is gebou op fondamente van steenblokke wat in sandgevulde slote gelê is.Arnold 1991, pp. 109–113 Mure en ander strukture is met blokke van verskillende groottes gebou.Arnold 1991, pp. 120–122 Die stene is in rye geplaas, gewoonlik sonder sement. Elke blok het by die ander om hom aangepas sodat dit perfek gepas het.Arnold 1991, pp. 115–122 Die binnemure is gewoonlik met minder sorg gebou en stene van ’n swakker gehalte is gebruik.Arnold 1991, p. 148 As die tempel voltooi was, is die stene afgewerk om ’n gladde oppervlak te verkry. Om dit te versier, is reliëfs uitgebeitel of as die stene van swakker gehalte was, is dit eers gepleister.Robins 1986, pp. 20–25 Die reliëfs is dan verder versier met verf, inlegwerk of verguldsel.Uphill, Eric, "The concept of the Egyptian palace as a 'ruling machine'", in Ucko et al., pp. 730–731
Ontwerp en versiering duimnael|250px|Die Dodetempel van Ramses III by Medinet Haboe, omring deur die oorblyfsels van sekondêre geboue.