Darron Paul Nell (gebore op 3 Augustus 1980 in Uitenhage) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler, wat vir die Oostelike Provinsie-Kings speel.

Loopbaan

Cheetahs

Hy het seniorrugby begin speel vir die Vrystaat Cheetahs in die 2003 Vodacombeker en bly by die Cheetahs tot 2008. Hy maak 66 plaaslike verskynings, sowel as tien wedstryde vir die Cheetahs in Superrugby.

Castres

Hierna het hy by die Franse Top 14-span Castres aangesluit vir die 2008-09 en 2009-10 Top 14 seisoene en speel dertig wedstryde daar.

Kings

Hy keer in 2010 terug na Suid-Afrika om vir die Port Elizabeth-gebaseerde span van die Oostelike Provinsie-Kings in die Eersteliga Curriebeker te speel. Hy het ook die Southern Kings in die 2009 Britse en Ierse Leeus se toer na Suid-Afrika en die 2011 IRR Nasies-kompetisie verteenwoordig.

In 2013 is hy in die Kings se groep vir die 2013 Superrugbyseisoen gekies. Hy het sy Superrugby-debuut vir die Kings in hul tweede wedstryd van die kompetisie teen die Sharks gemaak, maar loop die res van die seisoen mis a.g.v. 'n besering. Hy keer terug vir die laaste vier wedstryde van die seisoen en begin albei wedstryde teen die Stormers en die Bulls. Hy word kaptein vir beide die 2013 Superrugby promosie-/relegasiewedstryde teen die Leeus toe Luke Watson en Andries Strauss beseer was.

In Junie 2014 is hy in die beginspan vir die OP-Kings gekies teen Wallis tydens 'n toerwedstryd en ook aangewys as kaptein. Hy speel die eerste 74 minute van die wedstryd, waartydens die Kings 'n 12-34 nederlaag lei.

Verwysings

Nell, Darron Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Cheetahs rugbyspelers