Klas 12E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is tussen Johannesburg en Pretoria vir snelpassasiersdienste as deel van Metroblitz. Vyf van die lokomotiewe is in diens gestel in 1983 op die nuwe hoëspoed passasiersdienste. Die lokomotief is 'n variasie van die Klas 6E1-lokomotief en benodig ook 3 kV gelykstroom toevoer. Hulle het dieselfde kraglewering as Klas 6 maar met 'n groter ratverhouding van 23/66 in vergelyking met 18/67 van die Klas 6. Hulle veilige maksimum spoed is 150km/h. Die passasierswaens is toegerus met spesiale draaistelle en ook skyfremme. Omrede daar 'n lokomotief aan weerskante van die trein is, is hulle toegerus met slegs een kajuit per lokomotief.

Die lokomotief is deur Union Carriage & Wagon van Suid-Afrika gebou.

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine