William Small-Smith (gebore op 31 Maart 1992 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler, wat tans vir die Blou Bulle speel.
Jeugvlak
Hy het die onder-13 Goue Leeus by die 2005 Cravenweek verteenwoordig. Hy is toe na Grey-kollege in Bloemfontein, waar hy die Vrystaat verteenwoordig het op o.16- en o.18-vlak tussen 2008 en 2010.
Blou Bulle
In 2011 sluit hy aan by die Blou Bulle en maak sy buiging in die 2011 Vodacombeker-wedstryd teen die Vrystaat Cheetahs. Hy speel ook 'n verdere veertien keer vir die o.19-span in die seisoen.
Sewes- en Juniorwêreldkampioenskappe
Aan die einde van 2011 is hy egter ingesluit in die SA Sewesspan vir drie bene van die 2011-12 IRR Wêreldreeks. Hy het die seëvierende SA o.20-span in die 2012 IRR Juniorwêreldbeker verteenwoordig.
Varsity Cup Small-Smith verteenwoordig ook UP-Tuks in 2013, maar doen 'n besering op voor die eindstryd teen die Maties.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense