Die 23ste Dinastie (ook Dinastie XXIII geskryf; 727–715 v.C.) was ’n koningshuis van Libiese Berbers wat tydens die Derde Oorgangstydperk oor Antieke Egipte regeer het.
Heersers Daar is taamlike onsekerheid oor die dinastie, wat van Herakleopolis, Hermopolis en Thebe af kon regeer het. Monumente uit die tydperk wys hulle het Bo-Egipte beheer saam met die 22ste Dinastie kort voor die dood van Osorkon II. Die bekende heersers was:
! scope=col width="10%" | 24px Farao ! scope=col width="20%" | 24px Troonnaam ! scope=col width="10%" | 24px Bewind
|Harsiese A || Hedjcheperre-Setpenamoen|| 880-860 v.C. |- | Takelot II || Hedjcheperre-Setpenre || 840-815 v.C. |- | Pedoebast I || Oesermaatre-Setpenamoen || 829-804 v.C. |- | Ioepoet I || ?? || 829-804 v.C. |- | Sjesjonk VI || Oesermaatre-Meryamoen || 804-798 v.C. |- | Osorkon III || Oesermaatre-Setpenamoen || 798-769 v.C. |- | Takelot III|| Oesermaatre || 774-759 v.C. |- | Roedamoen || Oesermaatre-Setpenamoen || 759-755 v.C. |- | Ini || Mencheperre || 755-750 v.C. |- | Peftjaoeawybast || Neferkare || 754-720 v.C.
23 Egipte, Antieke, 23ste Dinastie van