duimnael|links|Münchenlughawe: Sentrale Area met kantoorgeboue, winkels en 'n biertuin, geleë tussen Terminaal 1 (100 m aan die linkerkant) en Terminaal 2 duimnael|links|München – Franz Josef Strauss aankomssaal duimnael|links|Münchenlughawe: T1 inweegtoonbanke duimnael|links|Münchenlughawe: Instaparea by Terminaal 1 München Internasionale Lughawe (Duits: Flughafen München; IATA-kode: MUC, ICAO: EDDM) is die internasionale lughawe van München, die hoofstad van Beiere. Dit is die tweede besigste lughawe in Duitsland in terme van passasiersverkeer na die Lughawe Frankfurt, en die sewende besigste lughawe in Europa, met die hantering van 38,7 miljoen passasiers in 2013. Dit is die wêreld se 14de besigste lughawe in terme van internasionale passasiersverkeer, en was die 30ste besigste lughawe wêreldwyd in 2013. Münchenlughawe dien as die sekondêre sentrum vir Lufthansa insluitende Lufthansa-streeks en sy Star Alliance-vennote. Die grootste buitelandse karweier in München in terme van passasiersgetalle is Air Dolomiti.http://www.aero.de/news-18584/Groesste-internationale-Fluglinie-in-Muenchen.html

Die lughawe is 28,5 km (17,7 myl) noord van München geleë naby die ou stad van Freising en is genoem ter nagedagtenis aan die voormalige Beierse Eerste Minister Franz Josef Strauss. Dit beskik oor twee passasiersterminale en twee aanloopbane sowel as uitgebreide vrag- en onderhoudsfasiliteite, en is ten volle in staat om groot vliegtuie soos die Airbus A380 te hanteer.

Openbare weerstand teen 'n nuwe derde aanloopbaan Op 26 Julie 2005 het die Raad van die Flughafen München GmbH (FMG) besluit om, as gevolg van kapasiteitsbeperkinge van die twee bestaande aanloopbane, die plaaslike beplanningsproses aan die gang te sit vir die konstruksie van 'n nuwe derde aanloopbaan.

Tydens die referendum op 17 Junie 2012 in München is die beplande konstruksie van 'n derde aanloopbaan by Münchenlughawe egter verwerp met 'n meerderheid van 54,3% stemme. 32,8% van die burgers van München het aan die stemming deelgeneem. Die fraksies van CSU, SPD, FDP, die Freien Wähler en die Bayernpartei het op 1 Februarie 2012 in München se stadsaal besluit om groot meerderheidsteun aan die begeerte van die Raad te verleen.

Maar selfs voor die alliansie "München teen die derde aanloopbaan" begin het, vanaf Bündnis 90/Die Grünen met die ODP op die linkervleuel, ondersteun deur verskeie omgewings-organisasies, is 'n petisie om 'n ope burgerstemming te hou, ingedien. Die KVR ("Kreisverwaltungsreferat") het die voorgelegde handtekeninge nagegaan; en bevind dat met 31 430 geldige handtekeninge die nodige kworum van 30 831 handtekeninge bereik is (3% van die kiesers in München). Daar is toe op drie vrae gestem: Referendum 1: "vir" of "teen" die Raadsbegeerte vir die verdere lughawe-uitbreiding, of referendum 2: "vir" of "teen" die openbare petisie teen die bou van die derde aanloopbaan. Daarbenewens sou 'n ewekansige vraag bepaal of goedkeuring of afkeuring aan die beplande lughawe-uitbreiding verleen moes word. Die meerderheid burgers het teen die derde aanloopbaan gestem.

Hoewel die een-jaar verbintenistydperk van die burgers se besluit reeds verstryk het, is die konstruksie van die derde aanloopbaan tans polities onmoontlik, aangesien alle besluite in die Algemene Vergadering van Flughafen München GmbH eenparig blyk te wees. Wettige goedkeuring is verleen en daar is op 'n positiewe beplanning besluit deur die regering van Beiere vir die konstruksie van 'n derde aanloopbaan, wat in alle opsigte in 'n uitspraak van die Beierse Administratiewe Hof (VGH) bevestig is op 19 Februarie 2014. Die Stad van München hou 23% van die aandele in die Münchenlughawe, die ander aandeelhouers (Beiere 51% en Wes-Duitsland 26%) bepleit steeds die konstruksie van die derde aanloopbaan.

Statistiek +Passasiersgetalle Jaar Passasiers % Verandering200023,125,872 200123,646,900 2%200223,163,720 -2%200324,193,304 4.4%200426,814,505 11%200528,619,427 6.7%200630,757,978 7.4%200733,959,422 10.4%200834,530,593 1.6%200932,681,067 -5.3%201034,721,605 6%201137,763,701 8.7%201238,360,604 1.5%201338,672,644 1%201439,700,515 2.6%201540,998,553 3.2%201642,277,920 3.1% 201744,546,263 5.3% 201846,253,623 3.8%201947,959,885 3.6%202011,120,224 76.8%202112,496,432 12.4%Bron: Munich Lughawe

Roetestatistiek

+ Besigste binnelandse roetes vanaf MUC (2020) Rang Lughawe Vertrekkende passasiers Bedryfsrederye 1 Hamburg 271,704 Eurowings, Lufthansa 2 Berlyn-Brandenburg 219,586 Lufthansa 3 Düsseldorf 215,028 Eurowings, Lufthansa 4 Frankfurt 170,653 Lufthansa 5 Keulen/Bonn 117,261 Eurowings, Lufthansa

+ Besigste internasionale Europese roetes vanaf MUC (2020) Rang Lughawe Alle passasiers Bedryfsrederye 1 Londen–Heathrow 156,903 British Airways, Lufthansa 2 Amsterdam-Schiphol 129,741 Eurowings, KLM, Lufthansa, Transavia 3 Parys–Charles de Gaulle 119,506 Air France, Lufthansa 4 Madrid 102,736 Air Europa, Iberia, Lufthansa 5 Athene 97,928 Aegean, Lufthansa 6 Rome–Fiumicino 93,632 Alitalia, Lufthansa 7 Barcelona 88,487 Lufthansa, Vueling 8 Stockholm–Arlanda 76,405 Lufthansa, Norwegian, Scandinavian Airlines 9 Kopenhagen 72,981 Lufthansa, Norwegian, Scandinavian Airlines 10 Lissabon 72,946 Lufthansa, TAP

+ Besigste interkontinentale roetes vanaf MUC (2020) Rang Lughawe Vertrekkende passasiers Bedryfsrederye 1 Doebai–Internasionaal 76,353 Emirates, Lufthansa 2 Doha 48,104 Qatar Airways 3 Bangkok–Suvarnabhumi 39,402 Lufthansa, Thai Airways 4 Aboe Dhabi 37,895 Etihad Airways 5 Newark–Liberty 37,813 Lufthansa, United Airlines

Vliegtuie op Münchenlughawe

Verwysings

Eksterne skakels

Münchenlughawe

Kategorie:München Kategorie:Geboue en strukture in Beiere Kategorie:Lughawens in Duitsland