duimnael|300px|Boesmanrotskuns in die Wes-Kaap.

Boesmanrotskuns (ook Boesmantekeninge of Boesmanskilderye) is 'n tipe rotskuns. Dit is tekeninge wat die Boesmans op rotse in Suid-Afrika, Namibië en Botswana aangebring het. Die kunswerke is gewoonlik uitbeeldings van diere of jagtonele. Die tekeninge is vol beweging en word op plekke waar rituele plaasgevind het gevind. Die figure is gestileerd en verteenwoordig lewende vorms.

Die Boesmanrotskuns in die Drakensberg Nasionale Park in Suid-Afrika is ongeveer 3 000 jaar oud. Die rotskuns is deur Boesmans wat ongeveer 8 000 jaar gelede in die gebied gevestig het geskilder. Dit beeld meestal diere en mense uit.

Die rotskuns in die Apollo 11-grot in Namibië dateer terug tot 23 000–25 000 v.C.

Lees ook Ndedema-vallei

Verwysings

Bibliografie Lewis-Williams, D.: Myth and message in Bushman art. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 25, nr. 4, Junie 1976 Mason, Revil: New prehistoric paintings in die Brandberg, South West Africa, and the Waterberg, Northern Transvaal. In: Lantern. Tyskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 7, nr. 4, Junie 1958 Schoonraad, Elzabé en Murray: Ons rotskuns op die voorgrond - die bydrae van Alex R. Wilcox. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns en Kultuur. Jaargang 13, nr. 4, Junie 1964 Warden, W.: Did abstract art begin with the Bushman? In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 17, nr. 4, Junie 1968 Woodhouse, H.C.: Bees - As the busmen saw and thought them. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 32, nr. 1, Desember 1982

Kategorie:Beeldende kuns Kategorie:Kultuur in Botswana Kategorie:Kultuur in Namibië Kategorie:Kultuur in Suid-Afrika