Klas 34 is 'n tipe diesellokomotief - tegnies 'n diesel-elektriese lokomotief - wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie lokomotief is 'n voorsetting van die Co-Co (twee drie-as draaistelle met 'n elektriese motor elk per as) hooflynontwerp.
Klasse 34-000, 34-400, 34-500 en 34-900 word verskaf deur General Electric Company sedert 1971. Slegs drie van die eerste reeks was ingevoer, die res is in Suid-Afrika vervaardig. Die 34-500 reeks was oorspronklik aangekoop deur Yskor vir gebruik op die Sishen-Saldanha Spoorlyn en was later oorgedra na SAS&H. Die Yskor-lokomotiewe het nie tussendraaistelskakels nie.
Hulle is toegerus met 'n vierslag-V12-turboaangedrewe, na-verkoelde dieselenjin wat 'n wisselstroomaltenator aandryf. Die wisselstroom word beheer deur elektroniese toerusting wat die ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf. Hulle is toegerus met dinamiese remme.
Die 34-200, 34-600 en 34-800 reekse is verskaf deur Electromotive Division of General Motors sedert 1971. Die 34-200 reeks is in sy geheel ingevoer terwyl die res in Suid-Afrika vervaardig is. Die vervaardiger se nommer is GT26MC.
Hulle is toegerus met 'n tweeslag-V16-turboaangedrewe, na-verkoelde dieselenjin wat 'n wisselstroomaltenator aandryf. Die wisselstroom word beheer deur elektroniese toerusting wat die ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf.
Bron Paxton, Leith & Bourne, David. Locomotives of the South African Railways. Struik.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine