duimnael|links|'n DLR-treinstel ry in suidelike rigting op die roete tussen Bank en Lewisham duimnael|links|'n DLR-trein ry oor die misomhulde Canary Wharf-brug Docklands Light Railway (DLR) is 'n geoutomatiseerde ligte treinstelsel wat in 1987 geopen is om die herontwikkelde Londense Docklands-gebied te bedien. Die DLR-netwerk strek tot Stratford in die noorde, Lewisham in die suide, Tower Gateway en Bank in die City of London se finansiële distrik in die weste, en in die ooste tot Beckton, die London City-lughawe en Woolwich Arsenal.

Die stelsel se personeel op treine en by groot wisselstasies is tot 'n minimum beperk. Sy vier ondergrondse stasies is volgens die vereistes van die Londense moltreinstelsel beman. Vergelykbare voorstelle is ook vir die aangrensende metronetwerk, die Tube, gemaak.

DLR word volgens 'n konsessie bedryf wat Transport for London aan KeolisAmey Docklands, 'n gemeenskapsonderneming van die vervoermaatskappy Keolis en die infrastruktuur-onderneming Amey plc., as opvolger van Serco Docklands toegestaan het.

Die stelsel is in besit van Docklands Light Railway Ltd. wat deel uitmaak van Transport for London se spoorafdeling. In die boekjaar 2013 het DLR 101,5 miljoen passasiers vervoer. Die stelsel is verskeie kere uitgebrei, en verdere uitbreidings word beplan.

Kategorie:Londen Kategorie:Spoorvervoer in die Verenigde Koninkryk