Klas 33 is 'n tipe diesellokomotief - tegnies 'n diesel-elektriese lokomotief - wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie lokomotief is die eerste Co-Co- (twee drie-as draaistelle met 'n elektriese motor elk per as) hooflyn ontwerp.

Klasse 33-000 en 33-400 is verskaf deur General Electric Company en was genommer as U20C deur die vervaardiger. Die eerste reeks is van 1965 tot 1966 volledig in die VSA gebou, terwyl die laaste reeks van 1968 tot 1970 in Suid-Afrika gebou is.

Hulle is toegerus met 'n vierslag V12 turboaangedrewe, na-verkoelde dieselenjin wat 'n gelykstroomgenerator en ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf. Hulle is toegerus met dinamiese remme. Beide die reekse het 'n lae neus voor die kajuit.

Die 33-000 reeks is aanvanklik in die Kaapse Middelande gebruik totdat die 34-000 klas beskikbaar was, hulle is toe na die destydse Transvaal oorgeplaas. Die 33-400 reeks doen hoofsaaklik diens in die Koedoespoortomgewing.

Die 33-200 reeks is verskaf deur Electromotive Division of General Motors van 1966 tot 1967. Die vervaardiger se nommer is GL26MC. Hulle is toegerus met 'n vierslag V16 nie-turboaangedrewe dieselenjin wat 'n gelykstroomgenerator en ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf. Hulle is toegerus met dinamiese remme en doen diens in die Oos-Londenomgewing. Die reeks se kenmerk is 'n hoë neus voor die kajuit.

Galery

Bron Paxton, Leith & Bourne, David. Locomotives of the South African Railways. Struik.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine