duimnael|260px|Warskou Chopin-lughawe Warskou se internasionale Chopin-lughawe (Pools: Lotnisko Chopina w Warszawie) is sowat tien kilometer suidwes van die middestad naby die nedersetting Okęcie geleë. Die lughawe, wat deur Polish Airports State Enterprise bestuur word, is die grootste in Pole (behalwe vir Warskou hanteer Kraków se lughawe ook internasionale vlugte na en vanaf Pole). Die nasionale lugredery LOT Polish Airlines het hier sy tuishawe en gebruik die lughawe ook as 'n spilpunt. In 2013 het die lughawe 10,7 miljoen passasiers gehanteer - 'n styging van 11,4 persent teenoor die vorige jaar.

Daar is onder meer daaglikse vlugte na en vanaf Berlyn, Londen, New York, Chicago en Montreal en regstreekse vlugte na Vilnius, Minsk en Riga asook bestemmings in vroeëre Sowjetrepublieke. Laekostelugrederye soos Ryanair, EasyJet en Wizz Air bied vlugte na Londen-Luton en Londen-Stansted aan.Polish Tourist Organization: Poland - Guide for Tourists. Londen: Insight Guides 2010, bl. 372

Die lughawe, wat in 1934 as Lughawe Warskou-Okęcie geopen is, het voor die Tweede Wêreldoorlog, waartydens dit byna volledig vernietig is, ook as militêre lugbasis gedien. Ná die oorlog is dit herbou en in 2001 na die Pools-Franse komponis Frédéric Chopin vernoem. Treine en snelbusse verbind die lughawe met die Warskouse middestad.

Verwysings

Kategorie:Geboue en strukture in Pole Kategorie:Lughawens in Europa Kategorie:Warskou