Fairbanks 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Deelstaat 20px Alaska Koördinate  Stigting 1902 Geïnkorporeer op 10 November 1903 Oppervlakte:    - Totaal 84,5 vk km  Hoogte bo seevlak 136 m Bevolking:    - Totaal (2020) 32 515  - Bevolkingsdigtheid 395,45/vk km  - Metropolitaanse gebied 95 655 Tydsone AKST (UTC -9) Somertyd AKDT (UTC -8) Burgemeester David Pruhs Amptelike webwerf fairbanks.gov

Fairbanks is 'n stad in die Amerikaanse deelstaat Alaska en die munisipale setel van die Fairbanks North Star Borough.

Fairbanks is die grootste stad in die binnelandstreek van Alaska en ná Anchorage en Juneau die derde grootste in die deelstaat. Dit is die eerste stad in die Fairbanks Metropolitaanse Statistiese Gebied wat die hele Fairbanks North Star Borough insluit. Dit is die noordelikste Metropolitaanse Statistiese Gebied in die Verenigde State van Amerika en lê minder as 190 km suid van die Noordpoolsirkel.

Volgens die 2020-skatting was die bevolking van die stad 32 515 en die bevolking van die Fairbanks North Star Borough 95 655. Fairbanks is die tuiste van die Universiteit van Alaska Fairbanks, die oudste van Alaska se huidige universiteite.

Klimaat Die gemiddelde daaglikse temperature in die somer is 16° tot 23 °C, terwyl die gemiddelde temperature tydens die winter tot -17 °C kan daal. Desondanks geniet die stad 'n milder klimaat as baie gebiede van die vastelandse Verenigde State.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Alaska