Die Koninklike Saoedi Lugmag (Arabies: القوات الجوية الملكية السعودية, Engels: Royal Saudi Air Force), is die lugvaarttak van die Saoedi-Arabiese gewapende magte. Die RSAF het van 'n hoofsaaklik verdedigende militêre mag ontwikkel tot een met 'n gevorderde slaanvermoë. Die Saoedi Lugmag onderhou die derde grootste vloot van F-15s na die Amerikaanse Lugmag en die Japan Air Self-Defense Force.

Die ruggraat van die Koninklike Saoedi Lugmag is tans die F-15 Eagle, met die Panavia Tornado ook 'n belangrike komponent. Die Tornado, Hawk en vele ander vliegtuie is gelewer onder die Al Yamamah-kontrakte met British Aerospace (nou BAE Systems). Die Saoedi Lugmag het verskeie wapens in die 1990's bestel, insluitende Sea Eagle anti-skeepsmissiele, lasergeleide bomme en swaartekragbomme. Volgens Al-Salam, 'n opvolger van die Al Yamamah-ooreenkoms, sal 72 Eurofighter Typhoons binnekort deur BAE afgelewer word.

Galery

Verwysings

Kategorie:Lugmagte Kategorie:Saoedi-Arabië