Klas 6E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is op verskeie trajekte in Suid-Afrika. Die as-gemonteerde elektriese motors het 'n uitset van 550 kW elk vir 'n totale uitset van 2200 kW. Die lokomotief werk met 3 kV gelykstroom.
Die uitdaging van hierdie ontwerp was om te verseker dat die krag effektief oorgedra word sonder dat die wiele gly. Klas 6E1 is 'n verbetering in die klas met traksieskakels op die draaistelle wat duidelik sigbaar is aan die buitekant. Beide klasse is toegerus met elektroniese wielglybespeuring. In 1982 is twee Klas 6E1-lokomotiewe toegerus met mikroprosesseerders om die beheer van die lokomotiewe meer effektief te maak.
Die maksimum veilige snelheid van die lokomotiewe is 113 km/h. Model nr. 1525 het tydens 'n eksperiment op 'n hoëspoedbaan 'n snelheid van 245 km/h bereik. Die voorkant van die lokomotief was bedek met 'n spesiale toestel om dit meer vaartbelyn te maak.
Aantal gebou Teen 1985 het Union Carriage & Wagon van Suid-Afrika reeds 80 Klas 6E- en 960 Klas 6E1-lokomotiewe gebou. Op daardie stadium was dit die klas lokomotief waarvan SAS&H die meeste eenhede oor beskik het. ReeksAantalReeksAantalReeks 120Reeks 7150Reeks 250Reeks 8105Reeks 3150Reeks 985Reeks 4100Reeks 1055Reeks 5100Reeks 1145Reeks 6100Totaal960
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine