Aktuariële Praktykstandaarde en Raadgewende Praktyknotas (afsonderlik afgekort tot APSe en RPNe) is standaarde en praktyknotas wat deur die Raad van die Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika gebruik word om lede by te staan met die uitvoer van hul professionele verpligtinge. Die APS'e en RPN'e word volgens praktykgebied genommer. Die volgende APS'e en RPN'e is huidig van krag:

Reeks 100 m.b.t. lewensassureerders Reeks 200 m.b.t. aftreefondse Reeks 300 m.b.t. gesondheidsorg Reeks 400 m.b.t. korttermynversekering Reeks 500 m.b.t. VIGS Reeks 800 m.b.t. deurlopende professionele ontwikkeling en opvoedkundige sake

Verskil tussen APS'e en RPN'e

APS'e APS'e is standaarde waaraan alle lede van Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika (AGSA) moet voldoen. Die Genootskap sien 'n wesenlike skending van 'n APS as grond vir 'n klagte onder die Genootskap se dissiplinêre prosedures en beskou dit as 'n sterk prima facie bewys van onprofessionele gedrag.

RPN'e RPN'e dien as raadgewende handleidings en skendings daarvan word opsigself nie deur die Genootskap as gronde vir klagtes onder die Genootskap se dissiplinêre prosedures gesien nie. Die komitee wat bewerings van onprofessionele gedrag onder aktuarisse ondersoek, mag egter die omvang van afwykings van die RPN'e deur die betrokke lid van die Genootskap in ag neem.

Eksterne skakels Aktuariële Praktykstandaarde en Raadgewende Praktyknotas op AGSA se webwerf

Kategorie:Aktuariële Genootskap van Suid-Afrika