Egipties is die oudste bekende taal van Egipte en ’n tak van die Afro-Asiatiese taalfamilie. Geskrewe rekords in Egipties bestaan vanaf omstreeks 3400-3200 v.C., en dit maak dit een van die oudste bekende geskrewe tale, saam met Sumeries.

Egipties is gepraat tot die laat 17de eeu n.C. in die vorm van Kopties. Die amptelike taal van die hedendaagse Egipte is Egiptiese Arabies, wat Kopties geleidelik vervang het as die alledaagse taal in die eeu ná die Moslemse verowering van die land.

Kopties word steeds gebruik as die liturgiese taal van die Kopties-Ortodokse Kerk. Daar is vandag enkele vlot sprekers."Coptic language’s last survivors". Daily Star Egypt, 10 Desember 2005

Klassifikasie Egipties is die oudste taal van die Afro-Asiatiese taalfamilie, voorheen bekend as Hamito-Semities.Loprieno, Antonio (1995). Ancient Egyptian: A linguistic introduction. Cambridge University Press. Bl. 52. Dit verskil egter morfologies grootliks van ander tale in dié familie.Loprieno, Antonio (1995). Ancient Egyptian: A linguistic introduction. Cambridge University Press. Bl. 51. Dit dui daarop dat Egipties reeds radikale veranderings ondergaan het voordat dit op skrif gestel is.

Geskiedenis duimnael|200px|3de-eeuse Koptiese inskripsie. Geleerdes groepeer Egipties in ses groot chronologiese fases:

Argaïese Egipties (voor 2600 v.C.), die taal van die Vroegdinastiese Tydperk Ou Egipties (2686–2181 v.C.), die taal van die Ou Ryk Middel-Egipties (2055-1650 v.C.) van die Middelryk, maar dit het voortbestaan tot die vroeë 18de Dinastie en as letterkundige taal tot in die 4de eeu n.C. Laat-Egipties (1069-700 v.C.) van die Derde Oorgangstydperk Demoties (7de eeu v.C. tot 5de eeu n.C.) van die Laat Tydperk tot in die Romeinse Tydperk Kopties (1ste tot 17de eeu n.C.) van die vroeë Romeinse Tydperk tot die moderne tyd

Egiptiese etikette en tekens bestaan reeds vanaf omstreeks 3400 v.C. Hierdie vroeë tekste word gewoonlik saam gegroepeer as Argaïese Egipties. Ou, Middel- en Laat-Egipties is met hiërogliewe en in die hiëratiese skrif geskryf. Demoties het uit hiëraties ontstaan; dit lyk effens soos die moderne Arabiese skrif en is ook van regs na links geskryf (hoewel daar feitlik geen verband tussen die twee skrifte is nie). Kopties word met die Koptiese alfabet geskryf, ’n aangepaste vorm van die Griekse alfabet met ’n paar simbole uit demoties vir klanke wat nie in Antieke Grieks bestaan het nie.

Arabies het die taal van die politieke administrasie geword kort ná die Moslemse verowering in die 7de eeu n.C. en dit het Kopties geleidelik vervang as die alledaagse taal. Kopties is steeds die taal van die Kopties-Ortodokse en die Kopties-Katolieke Kerk.

Woordeskat Hoewel die Egiptiese kultuur dié van die Westerse beskawing beïnvloed het, word min Egiptiese woorde vandag in Europese tale aangetref. Dié wat wel voorkom, is in Griekse vorm oorgedra. Twee wat vandag in Afrikaans aangetref word, is "ivoor" (abw/abu, letterlik 'ivoor; olifant') en "farao" (letterlik 'groot huis'; via Grieks).Egyptian Loan-Words In English

Verwysings

Eksterne skakels Thesaurus Linguae Aegyptiae: Woordeboek van Egipties Die uitspraak van Antieke Egipties deur Kelley L. Ross 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Afro-Asiatiese tale Kategorie:Geskiedenis van Egipte Kategorie:Tale van Egipte