Amlodipien 300px|Amlodipien se chemiese struktuur300px Algemeen Chemiese formule C20H25Cl N2O5 Molêre massa 408.879 g/mol CAS-registernommer 88150-42-9 Farmakokinetika Roete van toediening Oraal (tablette) Biobeskikbaarheid 64 tot 90% Metabolisme Lewer Uitskeiding Niere Eliminasie-halfleeftyd 30–50 uur
Amlodipien (as besilaat, mesilaat of maleaat) is 'n geneesmiddel wat gebruik word om hoë bloeddruk, hartversaking en angina (borskaspyn) mee te behandel. Amlodipien is op die Wêreldgesondheidsorganisasie se modellys van noodsaaklike medisyne wat nodig geag word om die minimum mediese behoeftes van 'n basiese gesondheidsorgstelsel te ondersteun.
Farmakologiese werking Amlodipien is 'n langwerkende kalsiumkanaalblokker (dihidropiridienklas). Net soos ander middels in hierdie klas, werk amlodipien deur die spiertjies in die bloedvate te ontspan, waardeur die bloeddruk dan daal. By angina bevorder die middel bloedvloei na die hartspier om te voldoen aan sy suurstofbehoefte en dus die pyn te verminder.
Aanwysings Essensiële hipertensie. Stabiele hartvatsiekte: afname in hartaanvalle in pasiënte met 'n geskiedenis van miokardiale infarksie. Behandeling van simptomatiese hartsiekte of kongestiewe hartversaking. Behandeling hiervoor met amlodipien behoort onder streng mediese toesig ingestel te word teen 'n aanvangsdosis van 5 mg daagliks.
Dosis en toediening Amlodipien, as behandeling vir hipertensie, se aanvangsdosis is 5 mg daagliks per mond.
Teenaanwysings Absoluut
Geskiedenis van hipersensitiwiteit teenoor amlodipien
Relatief Kardiogeniese skok Onstabiele angina Hipotensie: bloeddruk laer as 90/60 mmHg Aortiese stenose Swangerskap en borsvoeding
Samestelling Elke tablet bevat 5 mg of 10 mg amlodipien
Aanbieding Amlodipien word deur Pfizer as Norvasc ® verkoop in Noord-Amerika, Australië, Suid-Afrika en sommige Europese lande. Sedert die patent in 2007 verval het, is dit ook wêreldwyd as 'n generiese middel beskikbaar.
Verpakkings bevat gewoonlik strokies met 30 gekeepte 5 mg of 10 mg amlodipientablette.
Verwysings
Eksterne skakels U.S. National Library of Medicine: Drug Information Portal – Amlodipine'''
Kategorie:Geneesmiddels Kategorie:Wêreldgesondheidsorganisasie se essensiële medisynelys Kategorie:Eters