Lanzarote (Spaanse uitspraak: [lanθaɾote, lansa-]) is 'n Spaanse eiland in die ooste van die outonome Kanariese Eilande in die Atlantiese Oseaan. Dit lê ongeveer 125 km (78 myl) van die kus van Noord-Afrika en 1 000 km (621 myl) van die Iberiese Skiereiland van Spanje. Dit beslaan 845,9 vierkante kilometer (327 vierkante myl) en is die vierde grootste van die groep eilande.
Die eerste opgetekende naam vir die eiland, wat deur Angelino Dulcert gegee is, was "Insula de Lanzarotus Marocelus", na die Genuese seevaarder Lancelotto Malocello, waaruit die moderne naam afgelei is. In die moedertaal was die eiland se naam "Tyterogaka", wat "die een wat met oker bedek is" kan beteken, met verwysing na die eiland se oorheersende kleur.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Eilande van die Kanariese Eilande