Silvertown is 'n nywerheidsgebied aan die noordoewer van die Teemsrivier wat administratief deel uitmaak van die Londense distrik Borough of Newham. Die buurt is vernoem na die nyweraar Samuel Winkworth Silver (1791–1855) wat hier in 1852 'n rubberaanleg gevestig het. Silvertown word tans deur twee groot aanlegte oorheers - Tate & Lyle se suikerraffinadery (wat in 1880 opgerig isDerek Pratt: London's Waterways. Exploring the capital's rivers and canals. London: A&C Black 2014, bl. 83) en John Knight ABP se karkasverwerkingsaanleg. duimnael|links|'n Lugaansig van Silvertown en die Thames Barrier duimnael|links|Silvertown, London City-lughawe en die Tate & Lyle-suikerraffinadery Die buurt se industriële geskiedenis word oorskadu deur die ontploffing van 50 ton TNT op die werksterrein van Brunner Mond & Company, 'n chemiese aanleg naby West Ham waar ammunisie vervaardig is, op 19 Januarie 1917.Heritage Calling, 19 Januarie 2017: The Silvertown Tragedy: Explosion on the Home Front. Besoek op 22 Julie 2020 Die ongeluk het 73 menselewens geëis en verwoesting gesaai in die fabriek se omgewing. Die ontploffing se drukgolf het vensters in die Savoy-hotel laat bars en 'n huurmotor in Pall Mall byna omgegooi.
London City-lughawe, een van vyf lughawens in of naby die Britse hoofstad, is aan die oostelike kant van Silvertown geleë.
Verwysings
Eksterne skakels Stadsbeplanning en argitektuur
CNN Style, 10 Julie 2017: Silvertown: The derelict wasteland right under London's nose Hidden London: Silvertown
Kategorie:Londen