Amyrteus (ook Amyrtaios en Amenirdisoe) van Saïs was die enigste farao van die 28ste Dinastie van Antieke Egipte wat vermoedelik familie was van die koninklike familie van die 26ste Dinastie. Hy het die eerste Persiese besetting geëindig en van 404 tot 399 v.C. regeer.

Amyrteus was waarskynlik die kleinseun van die Amyrteus van Saïs wat saam met die Libiese hoofman Inarus (wat self ’n kleinseun van Psamtik III was), ’n rebellie gevoer het teen die satrap van Artaxerxes I.

Bewind Voordat hy die troon bestyg het, het hy in 411 v.C. ’n opstand teen Darius II gelei. Ná Darius se dood het Amyrteus komself in 404 v.C. tot koning verklaar.

Amyrteus is ná ’n bewind van vyf jaar deur sy opvolger, Nepherites I van Mendes verslaan en in Memphis laat teregstel, waarskynlik in Oktober 399 v.C.

Bronne A. Lemaire, 'La fin de la première période perse in Égypte et la chronologie judéene vers 400 av. J.-C., Transeuphratène 9 (1995), 51-61 O. Perdu, 'Saites and Persians (664-332),' in A.B. Lloyd (ed.), A Companion to Ancient Egypt (Chichester, 2010), 140-58 J.D. Ray, 'Egypt: Dependence and Independence (425-343 B.C.)', in Achaemenid History 1 (Leiden, 1987), 79-95. 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Farao's van Egipte