Demoties (van die Griekse δημοτικός, dēmotikós, "gewild") is ’n Antieke Egiptiese skrif wat afgelei is van die noordelike vorms van die Hiëratiese skrif wat in die Nyldelta gebruik is. Dit dui ook op die stadium van Egipties wat in dié skrif geskryf is voor die gebruik van Kopties.
Die term is die eerste keer deur Herodotus gebruik om dit te onderskei van die Hiëratiese skrif en Egiptiese hiërogliewe.
Kategorie:Antieke Egipte Kategorie:Abjads