Nectanebo II of Nakhthorheb was ’n farao van die 30ste Dinastie van Antieke Egipte. Hy het van 360-342 v.C. regeer en was die derde en laaste farao van dié dinastie, sowel as die laaste plaaslike heerser van Egipte.
Bewind Onder Nectanebo II het Egipte floreer; kunstenaars het ’n spesifieke styl gebruik wat ’n duidelike invloed gelaat het op die reliëfwerke van die Ptolemeïese Ryk.
Hy het belanggestel in feitlik elke Egiptiese kultus en bewyse daarvan is op meer as honderd terreine gevind. Hy was ’n groter bouer as sy onmiddellike voorgangers en het onder meer die enorme Tempel van Isis (Iseum) laat bou.
Hy het Egipte ’n hele paar jaar veilig verdedig teen die Eerste Persiese Ryk. Hy is eindelik verraai deur ’n voormalige bediende en is in 343 v.C. deur ’n gesamentlike Grieks-Persiese mag verslaan. In 342 v.C. het die Perse Egipte verower en die land weer in die Persiese Ryk opgeneem. Nectanebo het suid gevlug; sy eindelik lot is onseker.
Verwysings
Eksterne skakels Livius.org: Nectanebo II
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Mense in die 4de eeu v.C. Kategorie:Sterftes in 343 v.C.