Nectanebo of Nechtnebef was ’n farao van Antieke Egipte en die stigter van die 30ste Dinastie.
Bewind In 380 v.C. het Nectanebo vir Nefaarud II verslaan en sy bewind oorgeneem. Hy het vermoedelik ’n groot deel van sy bewind daaraan bestee om invalle van Persië af te weer, soms met die hulp van Athene of Sparta.
Hy was ook ’n groot bouer wat baie monumente en tempels laat bou hetNicolas Grimal, A History of Ancient Egypt, Blackwell Books: 1992, p.377 tydens sy lang bewind van 18 jaar. Hy het ook baie vervalle tempels laat restoureer en ’n stele opgerig voor ’n suil van Ramses II by Hermopolis.Allan B. Lloyd, "The Late Period" in 'The Oxford History of Ancient Egypt,' red. Ian Shaw, Oxford University Press, 2000. p.386 Van omstreeks 365 v.C. was Nectanebo medeheerser saam met sy seun Teos, wat hom opgevolg het toe hy in 362 v.C. dood is.
Verwysings
Eksterne skakels Nectanebo I 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Mense in die 4de eeu v.C. Kategorie:Sterftes in 362 v.C.