FedEx Express 240px IATA: FX ICAO: FDX Roepsein: FED EX Gestig: 1971 Tipe: Filiaal van FedEx Corporation Hoofkwartier: Memphis, Tennessee, VSA Hooflughawe: Memphis Internasionale Lughawe President: David J Bronczek Passasiers Slegs vrag Werknemers Bestemmings: 375+ Vloot: 649 vliegtuie Webtuiste: http://www.fedex.com
FedEx Express, voorheen Federal Express, is 'n vraglugredery gebaseer in Memphis, Tennessee, Verenigde State van Amerika."FedEx in Memphis ." FedEx. Verkry op 28 Februarie 2010. Dit is die wêreld se grootste lugredery in terme van tonnemaat vrag gevlieg en die wêreld se vierde grootste in terme van vlootgrootte. WATS sample - Scheduled Freight Tonne - Kilometres (veouder in April 2012) Dit is 'n filiaal van FedEx Corporation, wat daagliks pakkette en vrag aflewer na meer as 375 bestemmings in byna alle lande. FedEx Express is die wêreld se grootste spoedvervoermaatskappy.
Sy hoofkwartier is in Memphis met sy globale "SuperHub" geleë op Memphis Internasionale Lughawe."Memphis Super Hub" In die VSA het FedEx Express ook 'n nasionale sentrum op Indianapolis Internasionale Lughawe. Plaaslike spille is geleë op Ted Stevens Anchorage Internasionale Lughawe, Oakland Internasionale Lughawe, Newark Liberty Internasionale Lughawe, Fort Worth Alliance Lughawe en Miami Internasionale Lughawe. Internasionale plaaslike spille is geleë op Lughawe Parys-Charles de Gaulle lughawe, Guangzhou Baiyun Internasionale Lughawe, Kansai Internasionale Lughawe, Toronto Pearson Internasionale Lughawe en Keulen Bonn-lughawe."FedEx Express Global Network" Die Middel-Atlantiese sentrum op Piedmont Triad Internasionale Lughawe het op 2 Junie 2009 geopen, maar weens 'n afname in die pakketvolume is dit nog nie naby die verwagte aktiwiteitsvlakke nie.
duimnael|links|'n DC-10 land op San Jose Internasionale Lughawe, San Jose duimnael|300px|'n FedEx Airbus A310-200 arriveer by San Jose, Kalifornië duimnael|300px|Een van Federal Express se eerste vliegtuie, 'n Dassault Falcon 20 genaamd Wendy.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse maatskappye Kategorie:Lugrederye