Bes (soms ook Bisoe) was in die Egiptiese mitologie die beskermer van huishoudings, in besonder ma's, kinders en geboortes. Hy is later beskou as die beskermer van enigiets goeds en die vyand van alles wat slegs is. Hoewel studies in die verlede daarop gedui het dat hy ’n Middelryk-invoer uit Nubië was, dui meer onlangse navorsing aan hy was sedert die begin van die Ou Ryk deel van die Egiptiese godsdiens. Hy is al in voordinastiese kulture van die Nylvallei genoem, maar sy kultus het nie versprei voor die begin van die Nuwe Ryk nie.
Moderne geleerdes soos James Romano glo Bes was in die vroegste uitbeeldings ’n leeu wat op sy agterpote staan.The Complete Gods and Goddesses of Ancient Egypt, Wilkinson pub. Thames & Hudson, pg.103 Ná die Derde Oorgangstydperk is hy dikwels uitgebeeld as net ’n kop, en dié is dikwels as ’n gelukbringer gedra.
Verwysings
Eksterne skakels Bes, van "The Complete Gods and Goddesses of Ancient Egypt"
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Egiptiese mitologie