Die 2014-Rugbykampioenskapsreeks was die derde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Die reeks is vanaf 16 Augustus tot 4 Oktober 2014 gespeel. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die 13de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Suid-Afrika met die Mandela Uitdaagplaat en Australië met die Poematrofee weggestap het.

Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat sedert 2012 uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan.

Formaat Die formaat vir die 2014-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en twaalf in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 6 4 1 1 164 91 +73 4 222 6 4 0 2 134 110 +24 3 193 6 2 1 3 115 160 –45 1 114 6 1 0 5 105 157 −52 3 7

Wedstryddatums DatumDatumWeek 116 AugustusWeek 413 SeptemberWeek 223 AugustusWeek 527 SeptemberWeek 36 SeptemberWeek 64 Oktober

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6

Rugbykampioenskapreekskampioen 2014

Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Nicolás Sánchez 52 2 Bernard Foley 64 Handré Pollard 4 Aaron Cruden 37 5 Beauden Barrett 30 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Julian Savea 4 2 Cornal Hendricks 3 Michael Hooper Richie McCaw

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels 2014-Rugbykampioenskapreeks op ESPNscrum

Kategorie:Die Rugbykampioenskap Kategorie:Sport in 2014