Maahes (ook Mihos, Miysis, Maihes ens.) was in die Egiptiese mitologie die god van oorlog.Manfred Lurker, Dictionary of Gods and Goddesses, Devils and Demons, Routledge 1987, bl. 215, Sy naam beteken "hy wat getrou langs haar is" en hy is uitgebeeld met die kop van ’n leeu. Hy is in Benede-Egipte beskou as die seun van die godin Bastet en in Bo-Egipte van Sechmet. Sy pa was die hoofgod van die tyd: Ra, Ptah of Atoem-Ra.
Benewens oorlog is Maahes verbind met die weer, messe, lotusse en die eet van gevangenes. Sy kultus was gesentreer in Taremoe en Per-Bast.
Oorsprong Die eerste keer dat Maahes genoem is, was tydens die Nuwe Ryk. Sommige Egiptoloë glo hy as ’n invoerproduk uit die buiteland;Walter Yust ed., Encyclopædia Britannica: A New Survey of Universal Knowledge, 1956, p.54 daar is wel aanduidings dat hy dieselfde kon gewees het as die leeugod Apedemak van Nubië en Egipte se westelike woestyn.
Verwysings
Eksterne skakels Caroline Seawright, "Maahes, God of War and Protection, The Leonine Lord of Slaughter..." 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Egiptiese mitologie
ca:Llista de personatges de la mitologia egípcia#M