Die Mako(haai) (Isurus) is 'n genus van haaie in die familie van haringhaaie (Lamnidae). Makohaaie wissel van 2.5 tot 4.5 meter in lengte en het 'n geskatte maksimum gewig van 800 kg. Hulle kan teen 'n spoed van tot 60 km/h swem en kan tot 7 meter in die lug in spring.Tony Ayling & Geoffrey Cox, Collins Guide to the Sea Fishes of New Zealand, (William Collins Publishers Ltd, Auckland, New Zealand 1982)
Spesies Die genus omvat twee lewende spesies: Kortvin-mako (Isurus oxyrinchus) Langvin-mako (Isurus paucus)
Die volgende uitgestorwe spesies is van fossiele bekend: Isurus americanus† Isurus novus† Isurus shoutedeni† Isurus winkleri† Isurus mantelli† Isurus willsoni† Isurus praecursor† Isurus desori† Isurus retroflexus†
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Verwysings
Kategorie:Haaie