Hennie van Loggerenberg was 'n bekende TV- en radio-persoonlikheid en 'n boereorkeslegende. Hy is bekend as die man agter die deuntjies van Kraaines, Wielie Walie, Liewe Heksie en Casimir. Voor televisie was hy die stem agter die Vrydagaand inbelradioprogram "Skemerkelkie".Herdenkingsdiens vir boereorkeslegende, Maroela Media, 6 Augustus 2014

Van Loggerenberg het jare lank as 'n vervaardiger by die SAUK gewerk en was die hoofbeoordelaar van hulle boereorkeskompetisie. Hy was ook 'n hoofbeoordelaar van KykNET se Sakkie langarm-kompetisie,Musiekman sterf op 76 in sy slaap, Beeld, 4 Augustus 2014

Van Loggerenberg is op 3 Augustus 2014 op 76-jarige ouderdom na 'n lang siekbed in sy slaap oorlede. Hy laat vier kinders, Francois, Anya, Johann en Reneé (Marais), asook 'n kleinkind Charl-Francois (Marais) agter.Boeremusiek-veteraan Hennie van Loggerenberg oorlede, Maroela Media, 3 Augustus 2014

Diskografie Haas Das (LP), 1978 (komposisies) Klavier, Ritme En U (LP) Keurspel / Slaaptyd 7" Santie Se Kopdoek / Wimoweh 7" Oshakati Ons staan om die vuurtjie Vir Magriet Alias Sonder Kommer Sonder Sorg Optredes saam met orkeslede vir programme soos Spies en Plessie, Saterdagjolyt Musiekverwerking vir verskeie kunstenaars en TV-produksies, onder meer Innes en Franna Benade: By my vanaand

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici