duimnael|180px|’n Farao met ’n Pschent.

Die Pschent (Antieke Grieks: ψχεντ) was die naam van die dubbele kroon van Antieke Egipte. Die Egiptenare het dit gewoonlik die sechemti (sḫm.tỉ), die "Twee Magtiges", genoem.Griffith, Francis Llewellyn, A Collection of Hieroglyphs: A Contribution to the History of Egyptian Writing, the Egypt Exploration Fund 1898, p.56 Dit was ’n kombinasie van die rooi Desjret-kroon van Benede-Egipte en die wit Hedjet-kroon van Bo-Egipte.

Die Pschent was verteenwoordigend van die farao se mag oor die hele verenigde Egipte.Dunand, Françoise; Christiane Zivie-Coche, Gods and Men in Egypt: 3000 BCE to 395 CE, Cornell University Press 2004, pp.32f. Dit het twee dieresimbole bevat: die kobra, bekend as die oeraeoes, wat die Benede-Egiptiese godin Wadjet verteenwoordig het, en ’n aasvoël as verteenwoordiger van die Bo-Egiptiese godin Nechbet. Hulle is aan die voorkant van die Pschent vasgemaak en is die "Twee Dames" genoem.

Argeologie en mitologie Nes die Desjret- en die Hedjet-kroon, het geen Pschent bewaar gebly nie. Dit is net bekend uit afbeeldings, inskripsies en antieke verhale.

Van die gode wat soms met die dubbele kroon uitgebeeld word, is HorusZandee, Jan, Studies in Egyptian Religion: Dedicated to Professor Jan Zandee, Brill 1982, p.74 en Atoem, wat albei die farao verteenwoordig het of ’n spesiale verhouding met hom gehad het.The New Encyclopaedia Britannica, Encyclopaedia Britannica, Inc. 2005, p. 689

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Antieke Egipte