Amenemhat I was die eerste farao van die 12de Dinastie, die dinastie wat beskou word as die goue era van die Middelryk van Antieke Egipte. Hy het van 1991 tot 1962 v.C. regeer.D Wildung, L'Âge d'Or de L'Égypte – le Moyen Empire, Office de Livre, 1984
Bewind duimnael|300px|links|Rliëfwerk van Amenemhat I by sy piramidekompleks by Lisjt. Hy was waarskynlik dieselfde persoon as die hofamptenaar Amenemhat wat ’n ekspedisie na Wadi Hammamat gelei het onder sy voorganger, Mentoehotep IV, en hy het moontlik dié se bewind omvergewerp.http://www.touregypt.net/featurestories/mentuhotep4.htm Daar is egter geen bewyse dat hy hom doodgemaak het nie en dit kan wees dat hulle selfs ’n ruk lank saam regeer het.E. Hornung, History of Ancient Egypt, 1999 p.50
Amenemhet I was nie koninklik van geboorte nie en die samestelling van letterkundige werke (die Profesie van Neferti)M. Lichtheim, Ancient Egyptian Literature, 1973 p.139 en die terugkeer na die piramide-boustyl van die 6de-dinastiese heersers kon pogings gewees het om wettigheid aan sy bewind te verleen. Amenemhat I het sy hoofstad van Thebe na Itjtawy geskuif en is by Lisjt begrawe.
Verwysings
Eksterne skakels Ancient-Egypt.org
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Geboortes in 1991 v.C. Kategorie:Sterftes in 1962 v.C.